Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Roberto Kyle: ‘Arendsvlei is ’n movement’

Nuus
14 Mei 2021
Roberto Kyle, Arendsvlei se Lee-Roy, is ‘n boorling van die Paarl en was nog altyd aangetrokke tot die vermaakwêreld.
Untitled design

“Ek was ses jaar oud toe ek gekies is om my laerskool by die Paarlvallei Eisteddfod te verteenwoordig,” vertel hy. “Dit was ook die jaar wat ek gekies is om in die skoolkoor te sing en ek het floreer. Ek het op die ou end tot in my matriekjaar aan eisteddfods deelgeneem.”

Jy het ‘n indrukwekkende CV met ‘n paar internasionale produksies soos Homeland en Eye in the sky op jou kerfstok. Wat het jy die meeste daaruit geleer?

Ek het geleer dat my kapasiteit om stories te wil vertel baie groot is en dat ek die journey moet vertrou. Ek het geleer dat even though ek met internasionale talent werk, dat ek die reg het om daar te wees en nie in myself moet twyfel nie. Dit was duidelik vir my dat ongeag die omstandighede van die produksie, die storie altyd die hart moet bly. Ek het ook geleer dat ek bedoel was om te doen wat ek doen.  

Lee-Roy het sy musikale kant in Arendsvlei begin wys. Was musiek nog altyd deel van jou lewe?

Ja, van laerskool het musiek my betower. Ek was ses toe ek begin koor sing het en was agt toe ek gevra is om die solo te sing. Dit was toe dat ek besef het dat ek mense raak en goed laat voel wanneer ek sing.

Op hoërskool het ek aan ‘n klomp local kompetisies deelgeneem. Die grootste was Patricia Lewis se Supersterre in 2007. Ek was een van twee kinders wat uit die oudisies in Kraaifontein gekies is om Johannesburg toe te vlieg en daar vir ‘n week te bly. Ek het ongelukkig nie finale rondte gemaak nie, maar ek het geweet dat ek nog eendag baie mense deur my sang gaan bereik.

Ek was ook ‘n student by die Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl van 2005 tot 2011 waar ek by Jo-Nette LeKay klassieke sang studeer het. Sy is steeds my grootste inspirasie.

Op universiteit – ek het drama by die Universiteit van Kaapstad studeer - was ek deel van die indie band Postcard en ons was super awesome. No, really!

Wat is jou groot musiek-droom? Is daar dalk ‘n album op pad?

Ja, my groot droom is om ‘n album op te neem en ook om klavier te leer speel. Ek het dit op laerskool probeer, maar kon dit nie daardie tyd deursien nie.

Wat is jou gunsteling maaltyd?

Alles om eerlik te wees.

Wat verkies jy: TV, film of die verhoog?

Film.

Wat beteken Arendsvlei vir jou?

Vir my is Arendsvlei meer as net vermaak – dis ‘n movement.

Wat is die Suid-Afrikaanse storie wat jy dink nog vertel moet word?

Daar is so baie stories wat vertel moet word. Ek wil baie graag die storie van Kewpie (gebore in 1942 as Eugene Fritz) vertel en speel. Kewpie was ‘n haarkapper en ‘n iconic queer figure from District Six.

Wie sien jy as jou grootste mentors?

Quanita Adams, Roxanne Blaise en Darryl Fuchs.

My vyf grootste liefdes is …

Familie, water, my werk, die skrywer Khaled Hosseini en my kar want dit gee my vryheid.