Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Tien dinge wat jy van Reynard Slabbert moet weet

Nuus
09 September 2016
Ons het met Bravo! se nuwe aanbieder, Reynard Slabbert, gesels en hier is ’n paar feite wat jy dalk nie van dié sjarmante donkerkop geweet het nie.
Reynard Slabbert

Ons het met Bravo! se nuwe aanbieder, Reynard Slabbert, gesels en hier is ’n paar feite wat jy dalk nie van dié sjarmante donkerkop geweet het nie.

1. Wat is jou gunsteling sjokolade?

Enige sjokolade met neute in en as dit van Switserland kom nog beter!

2. Wat is jou gunsteling TV-reekse?

New Girl, House of Cards en natuurlik Hotel!

3. Watter akteurs inspireer jou?

Brad Pitt, want hy is net so divers en hoewel hy as ’n sekssimbool gesien word, gaan dit glad nie net oor sy voorkoms nie, maar oor sy ongelooflike talent. Sandra Prinsloo is ook ’n inspirasie – sy is immers ons eie Meryl Streep en doen soveel vir die plaaslike teaterbedryf ook.

4. Watter motor ry jy?

’n Ford Figo. Karre is nie vir my belangrik of ’n statussimbool nie en ek spandeer eerder my geld op eiendomme.

5. Waar bly jy en bly jy alleen?

Ek bly in Robindale in Johannesburg. Ek het ’n woonstelmaat wat toevallig ook vir kykNET-kykers bekend sal wees – dit is Sean van Noordwyk wat in Getroud met Rugby: die sepie speel.


Getroud met Rugby: Tien dinge



6. Koffie of tee?

Koffie – vyf keer ’n dag!

7. Watter oefening doen jy?

Ek draf soveel as ek kan.

8. Wat wou jy anders geword het?

Glo dit of nie, ek wou baie graag gaan boer het! My familie boer in Bergville in Drakensberge – met mielies, soja en beeste.

9. Gunsteling vakansiebestemming?

Die Bahamas.

10. Grootste flater as akteur of aanbieder?

In Sneeuwitjie in Emperors Palace het ek in die finale kleedrepetisie my naam krater gemaak! Ek was in vervoering toe ek ADAM se gewilde liedjie “Ek sal oorlog vir jou maak” gesing het en het net so vasgevang in die oomblik geraak dat ek van die verhoog af geloop het. Ek het amper twee meter geval, maar nie seer gekry nie – behalwe vir my ego.

Kyk Bravo!, Donderdae om 20:00 op kykNET.