Logo

Republiek van Zoid Afrika: Seisoen 3 nou op CD en DVD

Nuus
31 Maart 2016
Die derde seisoen van Republiek van Zoid Afrika se liedjies is nou op CD en DVD beskikbaar!
RZA Vol 3 CD DVD

Die derde seisoen van Republiek van Zoid Afrika se liedjies is nou op CD en DVD beskikbaar! Die album kan ook van iTunes afgelaai word.

Musikale gaste saam met wie aanbieder Karen Zoid sover in die derde seisoen opgetree het sluit onder andere lieflike en legendariese kunstenaars soos Juanita du Plessis, Claire Johnston, Vicky Sampson, Snotkop, Jan Blohm, Koos Kombuis, Leslie Javan, Carika Keuzenkamp en Jannie Moolman in.

Zoid en al hierdie besonderse kunstenaars se moeite met die verwerkings en uitvoerings van tydlose treffers, sal sorg dat Republiek van Zoid Afrika Vol 3 – soos die vorige twee albums en DVD’s – jou hartsnare roer.

Republiek van Zoid Afrika het in Maart ’n Safta (Suid-Afrikaanse rolprent-en-fliek-prys) vir Beste Geselsprogram gewen. Zoid sê: “Ons is in die wolke! Om ’n Safta te wen is die grootste erkenning wat ’n mens op nasionale vlak kan kry in film en televisie.

“Dit is werklik vir ons ’n eer. My Republiek van Zoid Afrika-span sit soveel liefde en moeite in die produksie van elke episode. Ek is baie trots op almal wat betrokke is en ek is dankbaar vir die voorreg om saam met elkeen te kan werk. Maar die grootste dank gaan aan die werklike president van Zoid Afrika: ons vreeslose regisseur en vervaardiger van die program, Carien Loubser. Sy is die slimste vrou wat ek ken en die geliefde kaptein van ons sirkus-skip. Kaptein span die seile!”

34 rza epi7 05


Die derde seisoen eindig op Donderdag 7 April, maar kykNET het reeds aanduiding gegee dat die volgende reeks in Julie 2016 op die lug sal wees.

Republiek van Zoid Afrika Vol 3-snitte

Karen Zoid en Snotkop – “Dis ’n Land/Asimbonanga
Karen Zoid en Emo Adams – “Jantjie
Karen Zoid en Vicky Sampson – “African Dream
Karen Zoid en Juanita du Plessis – “Tussen Woorde
Karen Zoid en Leslie Javan – “Met jou aan my sy
Karen Zoid en Claire Johnston – “Moments Away
Karen Zoid en Jan Blohm – “Groen Trui
Karen Zoid en Carike Kuizenkamp – “Byeboerwa
Karen Zoid en Koos Kombuis – “Onder in my whiskeyglas
Karen Zoid en Jannie Moolman – “Nessun Dorma
Karen Zoid en Mynie Grové – “Sweef soos ’n arend
Karen Zoid en Rocco de Villiers – “Tango for 2 Saints
Karen Zoid – “Aeroplane Jane
Karen Zoid en Ray Dylan – “Jessica

Kry al die jongste nuus oor Republiek van Zoid Afrika hier.