Logo

Republiek van Zoid-Afrika keer terug

Nuus
29 April 2015
Karen Zoid is terug met twee reekse van haar gewilde program.
RZA 007
Die Republiek van Zoid Afrika keer terug na kykNET vanaf 2 Julie 2015!

Karen Zoid is terug met twee reekse wat in Mei en November in die Kaap verfilm word. Haar gaste sluit mense in soos Steve Hofmeyr en Tannie Evita, Marc Lottering, Vusi Mahlasela, Jack Parow, PJ Powers, Jana Cilliers, Wilna Snyman en Ryk Neethling.

Natuurlik is die interessante karakters in die sketse weer terug. Marinda Senekal maak weer haar buiging op die holriete, maar in Reeks 2 poog sy om die blaas-sensasie van Suid Afrika te word. Sy blaas die panfluit, blokfluit, dwarsfluit en spesialiseer in die Franse horing. Annemari Ferreira het intusssen ’n groot celebrity in Bloemfontein geword (selfs Theuns en Dozi oornag by haar), en sy versier ons gedagtes verder met haar boererate vir bands.

Annemari stel ook haar beste vriendin van Durban (Julia Robertsson) voor wat die Engelse mense leer om Die Stem in Afrikaans te sing. Debora Platta voer ’n onderhoud met Zuma se eerste wit vrou (PJ Powers) oor hul privaatlewe en wat agter die deure van Nkandla gebeur as die son sak.

*Kyk hier na een van insetsels van die eerste reeks van Die Republiek van Zoid Afrika.