Logo

Registreer nou vir Musiekindaba 2022

Nuus
26 September 2022
’n Eerste vir Afrikaanse musiek: Ontdek, ontgin, ondersteun!
Anton Goosen

Musiekindaba gaan die ganse musiekbedryf byeen bring om koppe bymekaar te sit, verhoudinge te bevorder, loopbane te bou, te leer, inligting te deel en die wonderwêreld van musiek te vier.

Die Musiekindaba 🎹 🎸🎧 het hoëprofiel-sprekers op die program met paneelbesprekings en werkswinkels wat elke dag aangebied word. Daar gaan ook geleenthede wees vir nuwe talent om skouers te skuur met legendes, bemarkings- en netwerkgeleenthede asook lewendige optredes. Musiekliefhebbers (publiek) wat belangstel kan ook die week se aanbiedinge bywoon. 

Deel van die opwindende program, is Forte waar kundiges op verskeie vakgebiede in die musieklandskap praat. David Kramer gesels oor die potensiaal van 'n suksesvolle oorspronklike musiekblyspel en Prof. Johan Fourie, skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom, praat oor musiek op die lang pad na ekonomiese vryheidDr. Schalk van der Merwe, akademikus en uitvoerende musiekkunstenaar (baskitaar), bespreek die historisering van oomblikke van ontwrigting in die musiekbedryf. Brendan Jury, ervare en bekroonde skepper van oorspronklike klankbane vir verskeie genres, vertel meer oor hoe om musiek vir film, TV en ander genres te komponeer. André le Roux deel van sy navorsing oor regstreekse stroommodelle en die bou van strategieë vir digitale mobiliteit in die belang van kunstenaars en die kreatiewe bedryf. Tradisionele musiekkunstenaar en kultuurhistorikus, Prof. Mzikantu Zungula Dizu Plaatjies gaan ’n holistiese beskouing van Afrika-musiek vanuit ’n kulturele, historiese, sosiologiese en ekonomiese perspektief gee. Louis Heyneman, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, praat oor hoe tegnologiese vooruitgang alle musiek voor ’n vurk in die pad bring.  

Van die hoogtepunte by die Musiekindaba is Encore! ‘n Informele gespreksreeks met geliefde kunstenaars, soos Anton Goosen, Coenie de Villiers, Amanda Strydom, Kurt Darren en Mango Groove is van die formidabele kunstenaars met wie daar gesels word.

Presto-Presto bring dinamiese interaktiewe gesprekke rondom belangrike kwessies en oplossings. Kunstenaars, Platemaatskappye, Radiostasies, Invorderingsagentskappe, Media,  en verskeie Digitale Platforms kom bymekaar. Fokuspunte sluit onder andere in: die stand van Afrikaanse musiek, musiekregte, nuutste tendense in die bemarking van kunstenaars, finansiële standvastigheid, musiekteater en nog vele meer.

G-Sleutel is ‘n reeks werkswinkels waar spesialis wysheid en ervaring in persoon gedeel word. Om net ’n paar te noem: suksesvolle kunstenaars soos Emo Adams en Danie du Toit van Spoegwolf gaan sessies oor optredes aanbied, SAMRO en Spotify gaan hulle geheime deel, Heidi Edeling gaan jou alles vertel van die wat en die hoe van ’n musiekloopbaan en by Magriet Groenewald gaan jy leer hoe om jou loopbaan op sosiale media te laat groei. 

“Musiek is deel van ons lewe en ons sien uit daarna om saam planne te beraam en ’n blink toekoms vir musiek in Suid-Afrika te verseker,” sê Karen Meiring, Direkteur van die Musiekindaba.

Die Musiekindaba, in samewerking met kykNET, Netwerk 24, Huisgenoot, Die Burger, BeeldVolksblad en Kuier,word van 30 November tot 3 Desember 2022 in Stellenbosch aangebied. Registrasie vir die Musiekindaba open op 21 September 2022. 

‘n Opwindende Musiekprogram word vroeg in Oktober aangekondig. Dit sal plaasvind by die Endler, Adam Small Teater, Daisy Jones, Drostdy Teater en Oude Libertas Amfiteater.    

Gaan na www.musiekindaba.co.za om te registreer en die volle oorsig van die program te kry.

Registrasie op die webtuiste: www.musiekindaba.co.za

Sosiale Media:

Instagram  @musiek_indaba

https://www.instagram.com/musiek_indaba/

https://www.facebook.com/MusiekIndaba

TikTok @MusiekIndaba

https://www.tiktok.com/@musiekindaba