Logo

Raak ontslae van maagvet

Nuus
03 Junie 2015
Linda Kriel deel haar wenke vir ’n plat maag.
Linda Kriel
Linda Kriel deel haar wenke vir ’n plat maag:

1) Maag- en middellyfoefeninge is ’n móét, MAAR jy moet ook die vetlagie bo-op die spiere, wat onder die vel geleë is, verbrand deur gereeld kardio-oefeninge (oefening wat jou harttempo opstoot) te doen. Op die Kry Daai Lyf DVD is daar sewe oefensessies wat jou sal help om dié hardnekkige vet te verbrand.

2) Doen program 12, “Kry Daai Sespak,” op die DVD om die maagspiere en rug te versterk.

3) Dit help nie jy doen elke dag maagspieroefeninge, maar jy eet en drink te veel en boonop ongesond nie. Volg ’n gesonde eetplan om te verseker dat jou maag nie al hoe groter word nie.

4) Eet gereeld olyfolie, avokadopere en neute. Veral pine nuts bevat heelwat poli-onversadigde vetsure en díé vetsure verhoog die vlakke van twee hormone wat vir jou brein ’n sein stuur dat jy versadig is.

5) Drink 4 tot 5 koppies groentee per dag.

Probeer dit:

1) Bene gebuig teen 90 grade
Lê op jou rug, met jou knieë 90 grade gebuig en arms uitgestrek. As jy die oefening moeiliker wil maak, kan jy ’n swaar medisynebal of ’n kussing tussen jou knieë vasknyp. Die oefening werk jou “obliques”, die spiere wat jou middellyf vorm, asook jou rug.

2) Sak jou bene sywaarts
Hou jou rug en skouers op die grond en laat sak stadig jou knieë af na regs, totdat jou onderste been amper die grond raak. Trek heeltyd jou maagspiere in. Kom terug na die beginposisie en laat sak dan weer na links. Doen drie stelle van 10-20.

Kry Daai Lyf DVD is beskikbaar by Musica en kykNET se aanlynwinkel.
Volg Linda op Facebook of op Twitter by @linda_kriel.