Logo

Prontuit: 1 April 2015

Nuus
02 April 2015
Hierdie week se Prontuit­ was die program se laaste uurlange episode, en ook die laaste een met Mariëtta Kruger as mede-aanbieder. Vanaf volgende week kuier Kabous Meiring ’n halfuur lank op die kassie.

Hierdie week se Prontuit­ was die program se laaste uurlange episode, en ook die laaste een met Mariëtta Kruger as mede-aanbieder. Vanaf volgende week kuier Kabous Meiring ’n halfuur lank op die kassie.

Belangrike onderwerpe is gisteraand bespreek: Vryskutjoernalis Siya Mnyanda en studente-aktivis Kgotsi Chikane het gedebatteer oor die Rhodes-standbeeld by die Universiteit van Kaapstad wat verwyder gaan word; advertensieghoeroe Francois de Villiers van Haas, Pepe Marais van Joe Public en voormalige bemarkingsbestuurder het die gebrek aan goeie Afrikaanse reklame bespreek; loopbaankenner Attie Botes van Apsos het oor werksekerheid gesels; en kliniese sielkundige Francois Rabie het gepraat oor die Germanwings-vlugramp en die rol wat die vlieënier se depressie gespeel het.

Botes het verduidelik dat tegnologie sekere loopbane laat uitsterf; daar is byvoorbeeld lank nie meer ’n melkman nie. Maar, sê hy, dit kan ook loopbane skep: “Met nuwe tegnologie is daar altyd ’n behoefte aan mense om ons te help om aan te pas daarby.”

Ons beweeg ook weg van die noodsaaklikheid van graadkry, sê Botes. “Mense het teruggeskuif ambagte toe, en tegniese vaardighede is in aanvraag.”

Volgens Botes is sekere beroepe steeds veilig: medies (“Ons kort dringend dokters en verpleegsters”), ingenieurswese, kuns en estetika (soos binnenshuise versierders), landbou en ambagte.

Tegnologie is ’n permanente deel van ons lewens. “As ons nuwe tegnologie nodig het, gaan ons dit net skep met bestaande tegnologie,” sê Botes.