Logo

Pronk so met ‘n masker aan – Boer soek ‘n vrou

Nuus
01 Februarie 2022
Met die grendeltydperk, moes menigte sosiale geleenthede gekanselleer word. Hoe kan ons onder hierdie omstandighede voortgaan om ander mense te ontmoet?
Pronk so met 'n masker aan – Boer soek 'n vrou

Sosiale distansiëring, 'n noodsaaklike hulpmiddel om die verspreiding van COVID-19 te verminder, is moeilik om oor 'n lang tydperk te handhaaf. Die begeerte aan fisiese kontak is groot. Om die risiko's te verminder, vir jouself en veral vir ons geliefdes en familielede wat dalk meer kwesbaar is, is die dra van 'n masker en sosiale distansiëring die beste beskerming teen COVID-19.

Met die dra van maskers is ons gesigte weggesteek behalwe vir die oë, hulle kan 'n baie kragtige hulpmiddel wees as jy weet hoe om hulle te gebruik. Om 'n bekende liedjie te parafraseer, soms kan jy dit die beste sê deur niks te sê nie. Nie-verbale kommunikasie kan egter redelik moeilik wees as die helfte van jou gesig bedek is.

Afspraakafrigter, Jean Smith, sê dat die oë die kragtigste bron van aantrekkingskrag is, en daarom was hulle oor die eeue die onderwerp van talle aanhalings en gedigte.

Hier is ‘n paar wenke oor hoe jy kan pronk met jou masker aan:

Die knipoog
Dit is dalk nie subtiel nie, maar die wonderlike ding van die knipoog is dat daar geen twyfel is oor wat dit beteken nie. Die knipoog is prettig en sameswerend.

Die Mona Lisa-glimlag
Om onder jou masker te glimlag is steeds die moeite werd al is daardie deel van jou gesig bedek, want ’n grynslag kan jou ’n ‘Mona Lisa-glimlag’ in die oë gee.

Die sy-blik
'n Goed beplande sy-blik kan geheimsinnig wees en die indruk gee dat jy 'n geheim het wat jy dalk net met die regte persoon kan deel.

Duidelike oogkontak
Dit klink dalk eenvoudig, maar baie mense vind dit moeilik. Duidelike en direkte oogkontak – maar wees versigtig om nie te staar nie.

Wenkbroue lig
Deur jou wenkbroue te lig maak 'n sterker stelling as net oogkontak alleen. Dit dien as 'n vraag aan jou teiken: 'Wat dink jy?'.

Drie is die tower getal
Om belangstelling te toon, kyk drie keer na iemand. As hulle belangstelling toon, sal jy teen die derde kyk weet.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou om te sien of vanjaar se boere liefde vind met ‘n masker aan. Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.