Logo

‘Pitch Perfect’-ster kan Afrikaans praat!

Nuus
15 Mei 2015
Die Australiese aktrise Rebel Wilson het ’n Suid-Afrikaanse onderhoudvoerder onlangs met haar suiwer Afrikaans verras.
c0b6285846c3404ea9c66621cbcfa850
Rebel Wilson, bekend vir die kleurvolle karakters wat sy vertolk in flieks soos Pitch Perfect, sowel as Pitch Perfect 2 wat binnekort vrygestel word, het onlangs die Suid-Afrikaner Nadia Neophytou van MissNtertainment tydens ’n onderhoud oor die fliek met haar suiwer Afrikaans verras. “Afrikaans is so ’n sexy taal,” het sy gesê.



Kyk die video hier onder.