Logo
kN Digital Banners Die Boekklub 2Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Die Boekklub

144Drama13 VL

Pietie Beyers is John – Die boekklub 3

Nuus
06 April 2021
Pietie Beyers is te sien in die rol van John.
Untitled design

Ons het Pietie Beyers se karakter in die eerste reeks reeds leer ken, maar hierdie keer verloor hy sy hart op meer as een manier op Merweville.

Gee so ’n bietjie agtergrond oor jouself. Waar het jy grootgeword, skoolgegaan en studeer. Hoekom het jy op drama as ’n loopbaan besluit?
Port Elizabeth gebore en daar gewoon tot net voor skool. Ons trek toe Kaap toe en ek gaan skool by Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck. Stellenbosch toe om te studeer en voor ek myself voltyds ’n “onafhanklike kontrakteur” begin noem het, was ek vier jaar by ’n advertensiemaatskappy in die Kaap. 

Ek het op drama besluit, want toe ek die pad byster raak en wiskunde-olimpiades vir 'n cool image verruil, was dit iets wat my weer aan ’n suiwerder, vierjarige self herinner het. 

Hoe het jy die karakter John benader?
Met eerlikheid en noukeurige oorweging. 



Wat maak sy rol anders as in die vorige reeks?
Hy't diep spore getrap en uitdagende paaie bewandel. Trauma het sy ego gestroop. 

Wat het jy by hom geleer?
Dat jy jou gut eerder as jou kop kan vertrou. 

Die boekklub 3 is tydens inperking verfilm. Wat was die grootste uitdagings?
Die verfilmingsdatums wat weens positiewe gevalle ge-juggle moes word. Dankie tog vir ’n uitstekende produksiespan.

Hoekom dink jy het Die boekklub kykers so aangegryp? Dink jy dit gaan met die derde reeks ook gebeur?
Ek hoop so. Ek dink die storie prioritiseer menslikheid. Dit vind raakpunte in wat met die eerste oogopslag na verskille lyk. In Die boekklub is daar plek vir almal.



Hoe lyk die res van die jaar? Enige groot planne of projekte waarvan ons moet weet?
Ek belê baie tyd (en put baie genot) uit my, en ’n vriend van my, Niel Kidd, se podsending So loop hy maar. Ons droom om daarvan die grootste Afrikaanse podcast in die wêreld te maak. 

Die boekklub is Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)