Logo

Pendoring25

Nuus
05 November 2021
Deel een van Pendoring25 saai uit op Sondag, 7 November, om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Pendoring 25jaar documentary

“Ons almal word groot met advertensies op die radio, advertensies op die TV” – Dr. Frits Kok

Pendoring25 is ‘n dokumentêre reeks wat ‘n unieke blik gee op die advertensies wat in ons kultuur ingeëts is, asook die kreatiewe geeste agter daardie advertensies. Vir die afgelope vyf-en-twintig jaar bekroon Pendoring die beste van die beste in Suid-Afrikaanse reklame. Legendes uit die reklamewêreld deel hul herinneringe van die grootste veldtogte, staaltjies uit die verlede en hoe Pendoring oor die jare sy deel gedoen het om transformasie te laat geskiet. Alhoewel, Pendoring begin het as ‘n poging om Afrikaanse reklame te bevorder het hy later ook sy deure oopgemaak vir al ons inheemse tale. Vandag kan Pendoring spog daarmee dat dit met ope arms die rykdom van Suid-Afrika se kreatiewe inhoud in al sy inheemse tale te bevorder, bekroon en vier. 

Ons kyk na hoe Pendoring tot stand gekom het en die mense wat ‘n deel daarin gehad het om seker te maak dat Pendoring in ‘n groot sukses sal ontwikkel, al was die eerste gala aand met tye “Trap en tref” gewees. Industrie legendes soos De Waal Venter en Iaan Bekker vat ons op ‘n skeppers reis na die geboorte van Pendoring se naam en logo. Ons kyk ook na  advertensies wat gesien was as gewaagd vir hulle tyd; met Nataniël se skerp humor sin en vele meer. 

Ons gesels met die legendariese Francois De Villiers oor die RSG skaap veldtogte en kry ‘n blik op hoe hy met die idee opgekom het om ‘n klomp weghol skape oor alle grense te laat reis. Haneli Kriel vertel hoe gesegdes soos “Met Eish” volksbesit geword het en ‘n Engelsman vertel hoe hy in Afrikaans begin kopieskryf het net om ‘n kans te staan vir die gesogde Pendoring.

Pendoring se krag lê beslis in sy vermoë om op die pulse te bly en nooit te stagneer nie. Hierdie is duidelik sigbaar in die vars kreatiewe en kulturele samesmelting oor die afgelope paar jaar. Pendoring verseker dat moedertaal reklame voortgaan en floreer, hierdie is immers van kritiese belang want soos Mandela gesê het; ““If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his own language, that goes to his heart.”

Deel een van Pendoring25 saai uit op Sondag, 7 November, om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Deel twee saai uit op Sondag, 14 November, om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en deel drie op Sondag, 21 Novemeber.