Logo

Pendoring 2016 se wenners: King James swaai weer die septer!

Nuus
29 Oktober 2016
King James is weer koning! Dié reklame-agentskapsgroep het vir die tweede jaar agtereenvolgens Pendoring se gesogte Prestige-toekenning verower.

King James is weer koning! Dié reklame-agentskapsgroep het vir die tweede jaar agtereenvolgens met sy veldtog vir die Sanlam Musiekfees Pendoring se gesogte Prestige-toekenning verower. Die Umpetha-toekenning vir die beste advertensie in ’n inheemse taal behalwe Afrikaans word gedeel deur Ogilvy & Mather, Johannesburg, vir sy radio-advertensie vir KFC, Slyza Tsotsi 3 en The Odd Number, ook vir ’n radio-advertensie Umsebenzi vir BBC Brit. Albei advertensies is in Zoeloe.

Die Prestige-toekenning en die Umpetha-toekenning behels elkeen ’n oorsese studiereis ter waarde van R100 000.

Met hul inskrywing Die water is perfek! in die kategorie Geïntegreerde Veldtog, het Carina Bonse en Gabi van Niekerk van Red & Yellow School of Logic and Magic in Kaapstad nie net met die enigste goue Pendoring in die studente-kategorie weggestap nie; hulle is ook as die algehele wenners in die studentekategorie bekroon.

Die 2016 Pendoring-wenners is op 28 Oktober 2016 tydens ’n glansgeleentheid by Vodacom World in Midrand onder dawerende applous aangekondig. Die kunstenaars Elvis Blue en Code Red Drum Corps het die gaste in vervoering gehad, om nie te praat van die seremoniemeesters Schalk Bezuidenhout en Rozanne McKenzie wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het nie.

Die beoordelaars het die lof van King James se reklameveldtog Elke woord ’n meesterstuk vir Sanlam se musiekfees besing. “Oorspronklik en innoverend. Dit toon ook ’n waardering vir die onderwerp van Afrikaanse musiek. Daarbenewens het King James daarin geslaag het om ’n interaktiewe lewenservaring te skep wat die toeskouers nie sommer sal vergeet nie,” het hulle gesê.

Die gehalte van die inskrywings in die radio-kategorie het die beoordelaars vanjaar behoorlik beïndruk en dit is dus nie vreemd dat albei die Umpetha-wenners uit dié kategorie kom nie. Maar dit was nie net die radio-advertensies in inheemse tale wat die beoordelaars se lof ingeoes het nie; hulle was ook van mening dat die inheemse tale in die algemeen “hul spiere gebult het met ’n oorspronklike aanslag en ’n groot begrip van die Suid-Afrikaanse gees in die advertensiewese,” wat die wenners van die Umpetha-toekenning by uitnemendheid getoon het.

Altesaam nege (9) goue en 37 silwer Pendoring-trofeë is toegeken: agt (8) goues aan die professionele agentskappe en een (1) aan studente, met 29 silwer aan die professionele agentskappe en agt (8) silwer aan studente.

Van die agt (8) goue Pendorings wat aan die agentskappe toegeken is, het King James Group, Mullen Lowe, Kaapstad, en Ogilvy & Mather, Johannesburg, elkeen twee (2) verower en FCB, Johannesburg, en The Odd Number elkeen een (1).

Wat die silwer trofeë betref, het FCB, Johannesburg, die ander agentskappe die loef afgesteek deur ses (6) silwer trofeë in te palm, gevolg deur Joe Public, FCB 1886 en Ogilvy & Mather, Johannesburg, met drie (3) elk. King James Group, Promise Brand Specialists, DDB South Africa en DPK het elkeen twee (2) silwer toekennings ontvang terwyl Mullen Lowe, Kaapstad, FCB, Kaapstad, 34°, Jupiter Drawing Room, OpenCo en Ninety9Cents Communications elkeen een (1) gewen het.

Die silwer wenners in die studente-kategorie is: Noordwes-Universiteit (1); AAA School of Advertising, Johannesburg (1); Vega School of Brand Leadership, Johannesburg (2); AAA School of Advertising, Kaapstad (1) en Stellenbosch Academy of Design and Photography (3).

2016 PENDORING-WENNERS

Televisie/Rolprentteaterreklame (met ’n produksiebegroting bo R1 miljoen)
(Geborg deur kykNET)

Silwer
Titel: Hierdie man bou ’n ruimtetuig
Agentskap: Mullen Lowe, Kaapstad
Adverteerder: GWK
Taal: Afrikaans

Televisie/Rolprentteaterreklame (met ’n produksiebegroting onder R1 miljoen) (Geborg deur kykNET)

Silwer
Titel: Afsê
Agentskap: DPK
Adverteerder: Liedjie.com
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Die celeb-jagter
Agentskap: DPK
Adverteerder: Aardklop Nasionale Kunstefees
Taal: Afrikaans

Video en rolprent nie vir algemene/openbare uitsending nie

Silwer
Titel: Elke woord is ’n meesterstuk (Veldtog)
Agentskap: King James Group
Adverteerder: Sanlam
Taal: Afrikaans

Internet-reklame; TV-lokprente; Inhoudspromosies; Handelsnaaminhoud-video

Geen toekenning

Radiokommunikasie

Goud
Titel: Slyza Tsotsi 3
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: KFC
Taal: Zoeloe

Goud
Titel: Umsebenzi
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: BBC Brit
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Lugtyd-oordrag (Veldtog)
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: A War of Words (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Netflorist
Taal: Afrikaans & Sotho

Silwer
Titel: Bad Parts (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota
Taal: Afrikaans & Zoeloe

Silwer
Titel: Multi Terrain “Directions”
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Lexus
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Jan
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: BMW Motorrad
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Slyza Tsotsi 1 & Slyza Tsotsi 2 (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: KFC
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Street Movie Reviews (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Sterfbed
Agentskap: DDB South Africa
Adverteerder: SABC TV-lisensies
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Tronklied
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: One School at a Time
Taal: Afrikaans

Koerantadvertensies

Goud
Titel: Hilux’ tjie (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Menigte
Agentskap: OpenCo
Adverteerder: Apartheid Museum
Taal: Afrikaans

Tydskrifadvertensies

Silwer
Titel: Loop voor jy jou vasloop (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: PNet
Taal: Afrikaans

Plakkate

Silwer
Titel: Flitskaarte (Veldtog)
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA
Taal: Afrikaans

Webwerf; mikrowerf; mobiele toepassings en werwe (Geborg deur Media24)

Geen toekenning

Oorspronklik Afrikaans (Geborg deur Dagbreek Trust)

Silwer
Titel: Rampartytjie
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota
Taal: Afrikaans

Kleinhandelkommunikasie
Silwer
Titel: Verander haar deuntjie met ’n steentjie (Veldtog)
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Winhall & De Stadler Jewellers
Taal: Afrikaans

Vernuf
Vernuf: Redigering

Silwer
Titel: Die Mystic Boer
Agentskap: King James Group
Adverteerder: Sanlam
Taal: Afrikaans

Vernuf: Uitvoering

Silwer
Titel: Slyza Tsotsi (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: KFC
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Sterfbed
Agentskap: DDB South Africa
Adverteerder: SABC TV-lisensies
Taal: Afrikaans

Vernuf: Animasie

Goud
Titel: Hierdie man bou ’n ruimtetuig
Agentskap: Mullen Lowe, Kaapstad
Adverteerder: GWK
Taal: Afrikaans

Vernuf: Produksie-ontwerp

Goud
Titel: Hierdie man bou ’n ruimtetuig
Agentskap: Mullen Lowe, Kaapstad
Adverteerder: GWK
Taal: Afrikaans

Vernuf: Kopieskryf

Goud
Titel: Slyza Tsotsi (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: KFC
Taal: Zoeloe

Silwer
Titel: Lugtyd-oordrag (Veldtog)
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: A War of Words (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Netflorist
Taal: Afrikaans, Sotho

Silwer
Titel: Stiller kajuit (Veldtog)
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Lexus
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Vet uit die storie
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover
Taal: Afrikaans

Vernuf: Kunsleiding

Silwer
Titel: Flitskaarte (Veldtog)
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA
Taal: Afrikaans

Vernuf: Musiek- & klank-ontwerp

Silwer
Titel: A War of Words (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Netflorist
Taal: Afrikaans, Sotho

Kommunikasie-ontwerp

Silwer
Titel: Ongemaklike stilte
Agentskap: 34°
Adverteerder: Warwick Wines
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Teaching Typefaces
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Reddam House
Taal: Ndebele

Lewende gebeurtenisse & aktiverings

Goud
Titel: Elke woord is 'n meesterstuk
Agentskap: King James Group
Adverteerder: Sanlam
Taal: Afrikaans

Geïntegreerde veldtog (Geborg deur Toyota)

Goud
Titel: Elke woord is 'n meesterstuk
Agentskap: King James Group
Adverteerder: Sanlam
Taal: Afrikaans

Studente

Studente – televisie; rolprentteater; videokommunikasie; internetreklame

Geen toekenning

Studente – radiokommunikasie

Geen toekenning

Studente – gedrukte kommunikasie
Silwer
Titel: Nou-nou
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Student: Sarah Yeats
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Tuisbesoek (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Studente: Hanno Koen & Jaco Louw
Taal: Afrikaans

Studente – digitale interaktiewe kommunikasie

Geen toekenning

Studente – Kommunikasie-ontwerp

Silwer
Titel: Bakgat Baard Hoër se Baard Bybel
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Studente: Carel Pretorius, Ewald Verster, Lucia Petschnig
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Breinmagnaat
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Student: Marié Serfontein
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: TP vir bome
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Johannesburg
Studente: Cheri Kustner, Helen Aadnesgaard, Gerhard Cronjé
Taal: Afrikaans

Studente – Vernuf

Vernuf: Illustrasie

Silwer
Titel: 30 jaar van Suid-Afrika in illustrasie
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Student: Lutho Mtyamde
Taal: Afrikaans

Studente – Geïntegreerde veldtog (Geborg deur die ATKV)

Goud
Titel: Die water is perfek!
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic, Kaapstad
Studente: Carina Bonse, Gabi van Niekerk
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Bakgat Baard Hoër Veldtog
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Studente: Carel Pretorius, Ewald Verster, Lucia Petschnig
Taal: Afrikaans

Silwer
Titel: Dis kak in die donker
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Johannesburg
Student: Marjòrie Meijerink
Taal: Afrikaans

Algehele studentewenner

Studente: Carina Bonse, Gabi van Niekerk
Kategorie: Geïntegreerde veldtog
Titel: Die water is perfek!
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic, Kaapstad
Taal: Afrikaans

Umpetha-toekenning

Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Kategorie: Radiokommunikasie
Titel: Slyza Tsotsi 3
Adverteerder: KFC
Taal: Zoeloe

Agentskap: The Odd Number
Kategorie: Radiokommunikasie
Titel: Umsebenzi
Adverteerder: BBC Brit
Taal: Zoeloe

Prestige-toekenning
Agentskap: King James Group
Kategorie: Geïntegreerde Veldtog
Titel: Elke woord is 'n meesterstuk
Adverteerder: Sanlam
Taal: Afrikaans

Pendoring wil graag die volgende borge bedank:

Platinum: ATKV, Dagbreek Trust, kykNET, Media24 en Toyota
Goud: Die Burger
Silwer: Rapport, Ads24, Huisgenoot
Brons: Caxton-gemeenskapskoerante, OFM, Kuier
Vennote: Beeld, Clover, eVATI-mineraalwater, Leopard’s Leap Wines, MarkLives.com, Maroela Media, Newsclip, Richelieu, Vodacom World
Aanlyn-mediavennoot: Bizcommunity.com

Vir medianavrae kontak asseblief:
Kéki Snyman
082 622 8196 / 011 071 0753