Logo

Pas of pak jou tas – Boer Theunis – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
21 November 2019
Boer Theunis se gekose pasmaats het nou op die plaas gearriveer en daar is hope opgewondenheid wat in die lug hang.
3

Al drie die moontlike pasmaats is lewenslustig en lief daarvoor om ’n grappie te maak, daarom lê daar ’n paar moeilike besluite vir Boer Theunis oor om te maak. Dié keuses gaan al hoe moeiliker raak hoe meer die boer elke pasmaat beter leer ken en al hoe meer alleen-tyd saam spandeer.

Kom ons kyk of ons Boer Theunis se moeilike keuse so bietjie kan vergemaklik:

LEES OOK HIERDIE

Nericha:

Dié grondslagfase-onderwyseres van die Wes-Kaap is avontuurlustig en ‘n groot bok vir sports! Sy geniet dit om kitaar te speel, nuwe plekke te ontdek en fotografie. Sy hou van Theunis omdat "Daar 'n rustigheid aan Theunis is wat mens so gemaklik maak en jou eintlik innooi. Ek hou van hoe sy oë saam praat wanneer hy gesels, skaam raak of lag."

MAAK KENNIS MET NERICHA

Renette:

Dié entrepeneur van die Wes-Kaap is mal oor die buite-lewe en om tyd in natuur te spandeer. Sy geniet dit ook om in haar vrye tyd te bak. Sy " hou van Theunis se rustige persoonlikheid en avontuurlustigheid en sy hond Elmo."

MAAK KENNIS MET RENETTE

Marcia:

Dié kreatiewe kunstenaar van die Wes-Kaap hou daarvan om nuwe kulture te ervaar en om nuwe persone te ontmoet wat later vriende raak. Sy "hou daarvan dat Theunis fiks en aktief is. Ek hou ook daarvan dat hy ook die buite-lewe geniet."

MAAK KENNIS MET MARCIA

Ons kan nie wag om elke Donderdagaand om 20:00 die liefdes-reis saam met Theunis verder te ervaar nie. Sterkte met jou keuses Theunis!

As jy deel van die gesprek wil wees, gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.