Logo

Paasfees op kykNET

Nuus
01 April 2015
Vier Paasfees saam met kykNET en kykNET Musiek. Maak seker jy skakel op Vrydag 3 April in vir kykNET Musiek se Paasfeesversoeke.
Paasversoeke

Vier Paasfees saam met kykNET en kykNET Musiek. Daar is Paasfeesversoeke op kykNET Musiek en Geloof, Hoop en Liefde op kykNET. Die Boodskap Sondagdiens het ook ’n Paasfees-tema.

Maak seker jy skakel op Vrydag 3 April in vir kykNET Musiek se Paasfeesversoeke.

Spandeer hierdie spesiale tyd op die gepaste wyse met geestelike opbeurende liedere van jou gunsteling kunstenaars. Die program word tussen 07:00 en 08:00, sowel as tussen 19:30 en 20:30 uitgesaai. Dit word weer herhaal op Saterdag 4 April tussen 09:00 en 10:00.



Geloof, Hoop & Liefde: 5 April 2015

Paasfees is die belangrikste gebeurtenis op die Christelike kalender. Dis ’n tyd vir stilword. ’n tyd vir onthou. Die benoudheid, die verraad. Die kruisiging. Maar dis nie al nie! Daar is oorwinning. Ons vier ook die opstanding, die krag van God wat deurbreek en duisternis wat oorweldig word. Kom kuier saam met Lindie, Elza Meyer en Mervis wanneer ons gesels oor die betekenis van die Paastyd.

Die Boodskap Sondagdiens: 5 April 2015

Ons vier Paasfees. Willem Badenhorst gesels oor die tema “Van Toeskouer na Akteur”. Vir die Opstandingsfees lees ons vanuit Mattheus 28 oor die opstanding van Jesus Christus en kom ons weer tot nuwe insig oor wat dit beteken om ’n volgeling van die opgestane Christus te wees.