Logo

‘Oulap se rooi’ van die lug af tot ondersoek duidelikheid bring

Nuus
14 September 2015
kykNET het deeglik kennis geneem van die aantygings teen die vervaardigers van die selfdoen-program Oulap se rooi.
OULAP LOGO - FINAL
kykNET het deeglik kennis geneem van die aantygings teen die vervaardigers van die selfdoen-program Oulap se rooi.

Dié kwessie word in ’n baie ernstige lig beskou en daar is vandag besluit om nie die program verder uit te saai tot daar duidelikheid oor die saak is nie.

Die vervaardigers is dienooreenkomstig ingelig. Die ondersoek word as ’n saak van uiterste dringendheid deur kykNET se ouditeure hanteer. Ons vra byvoorbaat om verskoning vir enige ongerief aan ons kykers en wil almal verseker dat ons verbind bly tot die vervaardiging van gehalte Afrikaanse inhoud met integriteit.

Die volgende programme gaan in die plek van Oulap se Rooi uitgesaai word:

17 September
17:30: VERANDERDINGE

18 September
11:30: VERANDERDINGE

19 September
16:30: VERANDERDINGE

20 September
06:00: VERANDERDINGE

21 September
14:00: NAMIBIË: ’N PLEK OM DOP TE HOU

22 September
00:00: VERANDERDINGE

24 September
17:30: VERANDERDINGE

25 September
11:30: VERANDERDINGE

26 September
16:30: VERANDERDINGE

27 September
06:00: VERANDERDINGE

28 September
14:00: NAMIBIË: ’N PLEK OM DOP TE HOU

29 September
00:00: VERANDERDINGE

34 oulap se rooi