Logo

Opgewonde verby – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
06 Desember 2018
Hier is ’n paar van ons gunsteling-oomblikke vanuit die familie-en-vriende-episode.
BSV-Opgewonde

Cassie en die dames het ’n ontspanne middag op die plaas geniet.

 

Dis moeilik om te sê watter een van ons vyf boere was die mees opgewonde om hul twee gaste aan hul naastes voor te stel.

Boer André het skoon emosioneel geraak, Boer Rèan het vinnig erken hy is smoorverlief en Boer Toanette het van oor tot oor geglimlag omdat haar ma die aand kon meemaak.

Hier is ’n paar oomblikke wat uitgestaan het in die familie-en-vriende-episode:

1. Kelly en Louise moes Duncan help om die wors te stop wat hy die aand by die familiebraai oor die kole wou gooi. “Not a good looking wors!” het Kelly gelag.

2. Adriaan en Nardus moes uithaal en wys!

3. Rèan se dames kon heerlik ontspan terwyl die boer en sy ma doenig was in die kombuis.

KYK: Boer Rean laat dié week ons maagspiere werk!

4. Die oomblik wat Duncan se buurman, Dirk, ’n stukkie wors geproe het . . .

5. Rèan het teenoor die kameras erken: “Ek is verlief. Ek is báie verlief. Dis wat ek nodig het in my boerdery nou. Ek het ’n vrou nodig waarvoor ek lief is in my boerdey, want dan gaan my boerdery floreer!”

6. Cassie was só oorweldig, hy het skoon vergeet om die dames aan sy familie en vriende voor te stel.­

7. Dit was ’n spesiale oomblik toe Toanette die manne aan haar ma voorgestel het.

8. André het emosioneel geraak voor sy vriende en familie voor die dames by hom aangesluit het.

Skakel Donderdae om 20:00 in vir die elfde seisoen van Boer Soek ’n Vrou op kykNET.