Logo
OSSS
web uni tv guide

Op Seer Se Spoor

145Dokumentêr13 V

Op Seer Se Spoor word nou gebruik vir SAPS-opleiding teen GBV

Nuus
27 Oktober 2020
’n Episode vanuit die tweede seisoen van die kykNET&kie misdaadreeks, Op Seer Se Spoor, word eersdaags ingespan as deel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens opleiding oor geslagsverwante geweld teen vroue en kinders.
OSSS presser

Op Seer Se Spoor episode 11 handel oor konstabel Evelyn Pienaar van Mosselbaai wat in 2012 wonderbaarlik aan die dood ontkom het toe die pa van haar twee dogtertjies, haar ses keer met sy dienswapen skiet.

Die program is ook vroeër vanjaar met ’n SAFTA bekroon vir beste feitelike- en opvoedkundige program.

“Dit was vanaf dag een vir my, Kuier-tydskrif en Gambit Films belangrik dat Op Seer Se Spoor baie meer as net ’n nóg ’n misdaadprogram moet wees. Ons wou die platform wat ons het, gebruik om die euwels in ons gemeenskappe uit te lig en om belangrike gesprekke rondom hierdie kwessies te begin,” sê Ernusta Maralack, joernalis en aanbieder van die program.

“Evelyn se storie dwing ons om nie net te kyk na geslagsgebaseerde geweld in sy totaliteit en die langdurige impak op slagoffers nie, maar ook hoe die polisie hierdie sake hanteer en op watter areas húlle kan verbeter, maar ook gewone vroue wat in mishandelde verhoudings en huwelike is, beter te kan bystaan en seker te maak oortreders weet die wet gaan met hulle afreken,” sluit sy af.

Volg kykNET&kie se Facebook-blad vir meer inligting en eksklusiewe aankondigings.
Seisoen 2 van Op Seer Se Spoor is beskkbaar op Showmax.