Logo
kN Digital Banners Template Die Groenste Vingers v2Slim Homepage 1600x160 (2)
web uni tv guide

Die Groenste Vingers

144KompetisieFamilie

Op jou merke, gereed en... blom! Die Groenste Vingers binnekort op kykNET

Nuus
11 Maart 2021
Wie gaan blom? En wie kort nog bietjie kompos?
Die Groenste Vingers 1600x533

Dís die vraag wat op almal se lippe gaan wees in kykNET se splinternuwe bloemiste-kompetisie, Die Groenste Vingers, wat Donderdag 22 April om 21:00 begin op kykNET (DStv-kanaal 144).

Daar is min dinge so mooi soos ’n pragtige ruiker in ’n huis, ’n kleurvolle blomrangskikking op ’n tafel of ’n onthaalsaal wat ’n nuwe gesig kry met blomversiersels. Tog bly die mense wat hierdie pragstukke so moeiteloos aanmekaar slaan, soms vergete in ons bewondering.

Die Groenste Vingers is ’n kompetisie program waar tuiniers, bloemiste, en passievolle blom-entoesiaste meeding om as Die Groenste Vingers­-wenner gekroon te word. Deelnemers sal week na week verskillende uitdagings aanpak waar elk ’n unieke rangskikking moet ontwerp waarna beoordelaars sal besluit wie blom nog en wie het verlep...

Edrien Erasmus is aan’t stuur van sake as aanbieder van Die Groenste Vingers.

“Ek is van kindsbeen verlief op tuinmaak en het selfs na universiteit in ’n blommewinkel gaan werk. In ‘n stadium het ek ook my eie blommewinkel gehad! Dit is ’n groot eer en voorreg om deel van Die Groenste Vingers-span te wees,” sê sy.

Erasmus is ’n veelsydige kunstenaar en aanbieder met ’n onblusbare lus vir die lewe! Kykers sal haar dalk herken van televisie programme soos Donkerland, Fluiters en Elke Skewe Pot. Sy het onlangs as een van die nuwe aanbieders by kykNET se feesprogram, Fiësta, aangesluit.

“Ek is só opgewonde om saam met Die Groenste Vingers-deelnemers meer plante en blomme te leer ken en om hul pragstukke te sien! Dit gaan ’n fees vir alle kykers se oë wees,” voeg sy by.

Die Groenste Vingers is ’n eerste in sy soort op Suid-Afrikaanse televisie en wie weet, dalk stimuleer dit ons unieke blom-kultuur nog meer,” sê Lyall Ramsden, mede-vervaardiger van hierdie 13-episode reeks.

Deelnemers sal twee wêreldklas blomkenners moet beïndruk. Franz Grabe, is ’n blom couture genie wat van troues en korporatiewe funksies, tot blom-rokke vir die loopplank maak. Die Amerikaanse geselsprogram ikoon, Oprah Winfrey, was al een van sy kliënte.

Die ander beoordelaar, Leon Kluge, is ’n internasionaal erkende landskap-argitek wat verskeie pryse regoor die wêreld gewen het waaronder  hy ’n paar keer goud vir sy tuine by die Chelsea Blommeskou verwerf.

Die Groenste Vingers begin Donderdag 22 April om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)