Logo

Ontspan en skakel af – Boer soek 'n vrou 13

Nuus
08 April 2021
Hier is 'n paar wenke vir hoe jy totaal kan afskakel tydens jou vakansie.
Vakansie BB

Vakansies is 'n tyd om te geniet, te ontspan, af te skakel en om van werkverpligtinge te vergeet. Mense keer egter te gereeld terug na hul normale roetine met meer spanning of met die gevoel dat hulle nie gerus het nie.

Hier is 'n paar wenke vir hoe jy totaal kan afskakel tydens jou vakansie:
Ontspan
Dit klink dalk vreemd, maar baie mense weet nie hoe om te ontspan nie. Die idee van jou daaglikse roetine en die gewoonte van werkverwante bekommernisse kan jou begeerte om jouself te geniet, oortref.

Handel al jou take by die werk af
As jy een van die mense is wat werk huis toe neem, is dit heel waarskynlik dat jy sal sukkel om af te skakel as jy nie alles afgehandel het nie. As jy om een of ander rede nie al jou take kan afhandel nie, kry iemand anders om te help.

Skakel al jou tegnologiese toestelle af
Tans behels elke aspek van ons lewe tegnologie. Meeste kantore gebruik rekenaars, telefone of ander ander elektroniese toestelle. Om jou brein te laat verstaan dat dit nie by die werk is nie, is verandering noodsaaklik. Soek dus alternatiewe, tegnologievrye vermaak.

Slaap
Gaan slaap vroeër, of staan later op. Jy kan self 'n middagslapie inwerk.

Vergeet van tyd
Tyd oorheers mense se lewens, maar op vakansie kan jy rebelleer. Haal jou hoorlosie af, eet wanneer jy wil, slaap wanneer jy moeg voel – dis jou tyd. Jy maak die reëls

Boer soek 'n vrou se Marciel Hopkins gee ons nóg 'n paar wenke:

Skakel Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou om te sien watter tien dames se briewe het ‘n indruk gemaak op hul boere en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel