Logo

Ontmoet Vet Kans se Werner Troskie

Nuus
08 November 2018
Lees meer oor Vet Kans-deelnemer Werner Troskie.
Vet Kans _Werner Troskie

Werner is die grapmaker van die groep. Waar Werner is, is daar altyd ’n glimlag en word daar gelag totdat die trane loop.

Werner dui aan dat die Vet Kans-reeks vir hom ’n nuwe lewe beteken, aangesien hy altyd ’n ywerige sportman was en hy wil graag sy droomvrou ontmoet wanneer hy sy doelgewig bereik het.

Werner is versot op oefen en hy kry baie positiewe energie in die gimnasium. Voor hy op die program gegaan het, kon hy nie so hard oefen soos toe hy jonger was nie. Dr. Chantelle Eybers het sy oefenprogram egter aangepas om nie net swaar gewigte in te sluit nie, maar ook meer kardiovaskulêre oefening, wat hy baie geniet. 

Hy is jonk en sy sosiale lewe maak dit soms moeilik om die regte koskeuses te maak. Hy moes ook leer hoe om gesonde kos vir ’n enkel persoon te maak in plaas van om die maklike roete te volg en wegneemetes te koop. 

Sy lewensarigter, Liezl Thom beskryf Werner as ’n persoon met diep insig en empatie. Hoewel hy aan die begin so ’n bietjie gekul het met sy eetplan, het hy vinnig besef hy doen homself in en sedertdien is hy baie tevrede met die program se resultate.

Werner het goeie uithouvermoë wanneer hy sy kop op iets sit. En omdat hy só kompeterend is, neem hy met oorgawe deel aan Vet Kans.

Volg Werner se reis na gewigsverlies deur elke Donderdag om 18:00 in te skakel vir Vet Kans op DStv-kanaal144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier