Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Ontmoet Vet Kans se Pieter Nienaber

Nuus
01 November 2018
Lees meer oor Vet Kans-deelnemer Pieter Nienaber.
Vet Kans C

Pieter was nog altyd lief vir eet. Hy beskryf kos as sy troos en besef nou dat sy ongesonde eetgewoontes hom weerhou het van sekere aktiwiteite wat hy wou doen met sy gesin – vir wie hy 100% leef.

Pieter is deur en deur ’n familieman, en wil net die beste vir sy gesin hê. Die Nienhaber-gesin het reeds leefstyl-aanpassings gemaak om die Medi-Lean-riglyne prakties in sy huis te implementeer. Sy lewensafrigter, Liezl Thom, verduidelik dat sy vordering alle verwagtinge oortref het en dat hy geen tekort het aan uithouvermoë het nie.

Dr. Chantelle Eybers sê Pieter het van die begin af gesê dat hy moeg is vir hoe hy voel en dat hy nie kan deelneem aan aktiwiteite saam met sy kinders nie. Hy het ’n wilsbesluit geneem om sy lewe drasties te verander. Ten spyte van ’n paar uitdagings, was daar tot op hede nog nie een keer wat hy onder druk gesneuwel het nie. 

Sy deursettingsvermoë is inspirerend. Hy is ’n perfeksionis, so hy maak seker dat hy die program noukeurig volg. Pieter wil graag weer begin tennis speel en swem wanneer hy sy doelgewig bereik.

Volg Pieter se reis na gewigsverlies deur elke Donderdag om 18:00 in te skakel vir Vet Kans, DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier