Logo

Ontmoet Vet Kans se Nadia du Plessis

Nuus
20 Desember 2018
Lees meer oor Vet Kans-deelnemer, Nadia.
Vet Kans

Nadia is ’n sprankelende binnehuise versierder, met ’n groot liefde vir die natuur en haar gesin. Haar reis met gewig was nog altyd ’n opdraende een, aangesien sy van kleins af gesukkel het daarmee. Nadia, soos vele ander Suid-Afrikaanse vroue, was al op al wat ’n dieet is, maar Medi-lean was vir haar ’n leefstyl én emosionele aanpassing, en daarom is haar resultate tot dusver vreeslik goed.

Sy was van dag een af baie gemotiveerd en kroek was nie eintlik ’n opsie vir haar nie, aangesien sy en haar verloofde, Danie, se troudag vroeg Desember plaasgevind het. Sy spot altyd en vertel dat geen bruid, vet wil trou nie.

Haar dokter, dr. Chris Giezing, is ook baie beïndruk met haar vordering ná hul onderliggende gesondheidsfaktore geïdentifiseer het en aangespreek het. Hy vertel ook dat sy reeds ’n groot kopskuif gemaak het en die nuwe manier van eet, deelgemaak het van haar alledaagse lewe.

Jeanne van Zyl, haar lewensafrigter, speel ’n groot rol in haar transformasie tot dusver, aangesien sy vir Nadia moes help om weer haar innerlike self te leer lief hê en haar laat besef dat haar sagte hart nie ’n swak punt is nie, maar liewer een van haar beste eienskappe is.

Nadia wil graag nuwe aktiwiteite probeer en uit haar gemaksone beweeg, een van die aktiwiteite sluit in valskermspring in Knysna. Ons sien uit na die foto’s!

Volg Nadia se reis na gewigsverlies deur elke Donderdag om 18:00 in te skakel vir Vet Kans op DStv-kanaal144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier