Logo

Ontmoet Vet Kans se Cindy Bruintjies

Nuus
25 Oktober 2018
Lees meer.
Vet Kans Billboard

Cindy kan beskryf word as ’n borrelende persoon met ’n positiewe uitkyk op die lewe en ’n goeie sin vir humor.

Tog vertel sy dat haar gewig nog altyd vir haar ’n uitdaging was en dat brood haar ondergang is.

Vet Kans se lewensafrigter Liezel Thom help haar dus om ’n beter verhouding met kos te ontwikkel en die werklike rede te vind oor hoekom kos haar troos is.

LEES OOK: ONTMOET DIE DEELNEMERS!

Volgens Cindy sou sy nie hierdie lewensverandering sonder Liezel kon aandurf nie.

Haar gewigsverlies was aanvanklik stadig en daarom het dr. Chantelle Eybers bloedtoetse laat doen en haar eetprogram daarvolgens aangepas om vir haar die beste resultate moontlik te gee. Cindy verloor tans gewig en het ’n paar aanpassings in haar lewe gemaak as gevolg van die program en sy het selfs ’n oefeningsprogram begin volg.

LEES OOK: VERBRAND VET EN HOU DIE GEWIG AF

Cindy doen alles wat sy aanpak met oorgawe – insluitend haar deelname aan Vet Kans. Sy het die kans om haar gesondheid te verbeter ten volle aangegryp en is ywerig om die nuwe gewoontes wat sy met die Medi-lean-eetprogram geleer het, in haar alledaagse lewe te implementeer.

Haar droom, wanneer sy haar doelgewig bereik, is om te gaan rekspring van ’n hoë brug by ’n idiliese bestemming.

LEES OOK: WAAG 'N VET KANS OP 'N NUWE BEGIN

Skakel in vir Vet Kans, elke Donderdag om 18:00 op DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Moenie ’n oomblik van die opwindinde gewigsverliesreis misloop nie. Lees meer hier