Logo

Ontmoet Simon Gottschalk – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
20 Desember 2018
Ons rits rond saam met die man agter die stuur[wiel] van sake.

Foto: Berdene Burger

Sedert 2013 maak hy seker die tasse is gelaai, die padkos is gepak en Boer Soek ’n Vrou se Toyota Raider is warm in die vroeë oggendure, gereed om te gaan wanneer ons deelnemers gereed is of wanneer produksie die groen lig sou gee.

Tydens elke seisoen kry Simon Gottschalk ’n heel ander perspektief van Boer Soek ’n Vrou en ons boere se soeke na liefde. Nie net het hy al Suid-Afrika platgereis nie, maar hy moes ook al ’n paar sneesdoekies hier en daar uitdeel.

Ons het by dié Engelsman gaan inloer om uit te vind wat gebeur in daardie bekende bakkie wanneer die kameras ophou rol:

Wat geniet jy om te doen in jou spaartyd?
Ek geniet dit om tyd saam met my familie en vriende te spandeer. Partykeer stap en swem ek ook. Ek is ook mal oor fotografie.

1544698253 34 boer soek  n vrou simon

Simon is ’n talentvolle fotograaf. Volg hom op Instagram by @simong61.

Hoe is jy betrokke by Boer Soek ’n Vrou?
Ek was oorspronklik die aanbieders se drywer, maar het sedertdien ook betrokke geraak by Boer Soek ’n Vrou as produksie-assistent. Ek help ook met die beligting op stel van tyd tot tyd.

En jou rol as drywer, wat behels dit presies?
Afgesien van die aanbieder, is die lieflike Mari Conradie, die aanbieder se grimeerkunstenaar, meeste van die tyd saam met ons in die motor. Ek maak dit my doelwit om hierdie wonderlike twee dames se lewens makliker te maak in hul daaglikse aktiwiteite. Wees dit nou om hulle bagasie te laai, of om seker te maak daar is altyd iets om te eet in die kar.

KYK: LEAH VERLANG TERUG HUIS TOE

Wat was die ongemaklikste rit sedert jy aangesluit het by die span?
Ek sal nooit vergeet hoe ongemaklik dit op Duncan se plaas was toe ek een van die meisies terug plaas toe moes neem nie. Sy was reeds huis toe gestuur, maar ons moes weer die skoot kry van haar wat die boer groet. #awkward . . .

En ’n vreesaanjaende rit wat jou altyd sal bybly?
Sekerlik toe ons op Frikkie se plaas ’n bergpas vir die eerste keer moes aanpak, en in die nag ook nog. Dit was die enigste roete na ons verblyf toe ná ’n lang dag se ry en werk.

1544698314 34 boer soek  n vrou simon gottschalk 2

Simon het onlangs die geleentheid gekry om oor die bergpieke van Riviersonderend te kyk. 

En het jy al ooit verdwaal op pad iewers heen?
Toe ek en Duncan se dames die gastehuis waarby hulle drie gebly het verlaat het om vir die eerste keer na sy plaas toe te ry, het ek die verkeerde afrit geneem. Christelle het vriendelik gevra of ons nie in die teenoorgestelde rigting moes ry nie – net toe ek die verkeerde afrit neem. Dit sou later voorkom sy was reg, en ons moes omdraai nadat ek vir sowat 10 km in die verkeerde rigting gery het. Ek het nederig om verskoning gevra, en hulle het my vergewe. Dit was ’n baie oulike oomblik. Gelukkig was Duncan nie geïrriteerd of omgekrap hieroor nie. Ek dink hy was net te bly om nog ’n Engelsman op sy plaas te hê.

Kan jy skat hoeveel kilometer julle tydens seisoen 11 afgelê het?
As ek moet skat, sou ek sê sowat 30 000 km. Ek dink as dit nie vir Boer Soek ’n Vrou was nie, sou ek in my hele lewe nooit sóveel van ons pragtige land kon sien nie.

1544702455 33 image 123986672

Foto verskaf deur Berdene Burger. Volg haar op Instagram by @berdenevandiedak.

Die boere het hul keuses gemaak. Nou laat ons dit oor aan jou om te besluit wie die paartjie van die seisoen is. Kliek hier.

Die tafels draai in die volgende episode: Hoe gaan die skoonfamilie ons boere ontvang? Hier is
n voorsmakie. Skakel Donderdag om 20:00 op kykNET in om uit te vind! Kyk die voorskou hier.