Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 28: Ontmoet ons jong sjefs – Kwarantyn

Nuus
07 Julie 2020
By wie se restaurant sal jy aanklop?
Sjefs

Teen dié tyd weet ons Woensdae is Jeugdag in Kwarantyn: Elke Woensdagaand is dit die kinders se beurt om die kombuis op horings te neem. Ons het bietjie gaan rondvis in die twee huise se kombuise, en hier is wat ons wys geraak het:

Adriaan:
Jy kan vir Adriaan met ’n wip vang as jy vir hom ’n bord Italiaanse kos bedien. Dié jong knaap is veral gek oor spaghetti bolognaise. Maar, hoewel hy ’n smaak vir Italië het, klop sy hart trots Afrikaans. “Ek kan vir jou lekker kerrie en rys maak,” vertel hy. En wat eet hy glad nie? “Varkvleis stem nie oor een met my maag nie”.

Austin:
Austin se gunsteling gereg is pasta. Hy vertel dat hy nie juis ’n meester-kosmaker is nie, maar dat hy glad nie bang is om te probeer nie. Hy is ook nie baie gaande oor groente nie. “Daar is baie groente wat ek nie eet nie”.

Jade:
Jade kan nie uitgesproke raak oor kos nie. Haar gunsteling geregte is onder meer macaroni en kaas, wafels en kaasburgers. Sy bieg egter dat sy ook nie goed is in die kombuis nie. Verder is sy nie ’n groot aanhanger van mayonnaise of grondboontjiebotter nie.

Heinrich:
Jy kan vir Heinrich omkoop met ’n gewone bordjie pap en kaiings. Maar kan dié ou bul kosmaak? “Beslis, ja,” vertel hy aan ons. “Die beste geregte wat ek kan maak is wors, steak en tjops …” En wat eet hy glad nie? “Ek eet enigiets, maar ek is nie baie lief vir ’n sampioen nie …”

Kel-cee:
Kel-cee sê haar gunsteling-geregte sluit onder meer nacho’s, pizza, vanielje-melkskommel, melktert en melkkos in. Kel-cee sit egter nie haar lippe aan uie nie.

Lisa:
Lisa is gek oor rysslaai. En van kosmaak kan jy haar niks vertel nie. Sy is ’n boffen wanneer dit by die maak van ’n lekker pasta-gereg kom. Lisa is egter nie ’n groot aanhanger van seekos nie. “Ek verkies om glad nie vis te eet nie”.

Caryn:
Caryn is ook ’n groot aanhanger van Italiaanse geregte – veral lasagne, vertel sy. “Ek kan kosmaak, ja. Ek maak ’n lekker stir-fry, of ontbyt.” En wat eet Caryn glad nie? “Poetoepap, rys, beet, enige Thai-kosse, Gouda-kaas en steak.”

Manie:
Manie is gek oor bloukaas op sy vleis. Hy vertel ons ook so ewe dat die beste gereg wat hy kan maak braaivleis is. En waaraan sit hy nie sy lippe nie? Dit kom voor of hy so ewe na sy suster aard, want Manie eet ook glad nie vis nie.

Laat weet ons wie jou gunsteling jong sjef is op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn. Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.