Logo

Ontmoet die Koekedoortjie-ondersteuningsklub!

Nuus
11 April 2018
Hier is ons tien Koekedoortjies se grootste aanhangers.
Koekedoortjie_ondersteuningsklub

Agter elke Koekedoortjie sit daar ’n ma of pa wat trots toekyk hoe hul kind bak en brou. Die kameras kan soms senutergend wees en die druk groot, maar met dié ouers is ons Koekedoortjies in baie goeie hande. Ontmoet die Koekedoortjie-ondersteuningsklub hier:

Anica 

1523371282 27 koekedoortjie anica

Anica bring ma Marna saam na die Koekedoortjie-stoor. ​

Anmi

1523371685 27 koekedoortjie anmi

Anmi bring ma Marié saam by wie sy haar liefde vir bak gekry het.

Carla

1523371729 27 koekedoortjie carla

Ma Maryke kom saam met Carla, want al bak sy nie eintlik nie, voel sy veilig by haar.

Danika

1523372725 27 koekedoortjie danika

Beide pa en ma blink uit voor die stoof, maar met kreatiwiteit is ma Sanita ’n kortkop voor, so sy kom saam na die Koekedoortjie-stoor.

Elsje-Mari

1523372824 27 koekedoortjie elsje mari

Ma Elmarie se besigheid is kos. Wie is dan beter aan Elsje-Mari se sy?

Evan

1523372864 27 koekedoortjie evan

Evan bring vir ma Nerina saam, want saam maak hulle ’n span. 

Minay

1523372916 27 koekedoortjie minay

Pa Fritz is Minay se gunsteling-kok en metgesel. 

Nix 

1523372955 27 koekedoortjie nix

Nix bring haar grootste motiveerder saam – ma Liezel, wat haar toelaat om te eksperimenteer en aanmoedig om altyd weer te probeer. 

Tanique

1523372992 27 koekedoortjie tanique

Ma Wanya kom saam, want sy kan darem ’n resep lees, hoewel sy nie altyd daarby hou nie.

Wicus

1523373031 27 koekedoortjie wicus

Wicus bring vir ma Nini saam, want sy is baie kreatief. 

Lees meer oor die tien Koekedoortjies hier.

Skakel in vir ’n nuwe episode van Koekedoortjie, Woensdae om 20:00. Gesels saam op Facebook en Twitter by #Koekedoortjie!