Logo
web uni tv guide

Afskaal

145DokumentêrPG13L

Ontmoet die deelnemers – Afskaal

Nuus
08 Oktober 2019
Ontmoet die deelnemers en aanbieder van die eerste seisoen van Afskaal.
afskaal

Beverley-Ann van Greunen

Ouderdom:          43
Huidige gewig:    114.4 kg
Doel-gewig:         90 kg

Beverley kom van Boksburg af en is ʼn kriminele ondersoek beampte van beroep. Sy is gelukkig getroud met haar man, Jacques, en het twee seuns. Beverley was nog haar hele lewe lank ’n mollige vrou, en glo dat sy nóú tyd op haarself kan spandeer omdat haar seuns nou groter is. Een van haar persoonlike doelwitte is om ál agt stelle trappe by die Germiston-polisiestasie uit te klim sonder om uitasem te wees teen die tyd dat sy bo is. Op hierdie reis gaan Beverley na haar gunsteling stukkie vis met baie suurlemoen-botter sous verlang. Dalk verlang sy ook na haar gereelde versnapering van grondboontjiebotter en marmite op ’n snytjie brood.

Jandri Swart

Ouderdom:          40
Huidige gewig:    103.8 kg
Doel-gewig:         78 kg

Jandri kom van Clubview, Centurion en het ʼn baie uitgesproke persoonlikheid. Sy is al 15 jaar gelukkig getroud aan haar man, Frikkie. Hulle het drie mooi kinders. Sy is ʼn sjirurgiese- konsultant van beroep. Sy het ook ʼn doktorsgraad in tandheelkunde. Haar doelwit is om aan ’n marathon deel te neem – en natuurlik om ook sommer in ’n nommer 12-grootte Soviet-denims  te pas. Jandri gaan haar skelm plesiertjies soos Simba-skyfies en ’n “garage”-pastei vreeslik verlang.

Hennie van der Walt

Ouderdom:           30
Huidige gewig:     149.1 kg
Doel-gewig:          110 kg

Hennie kom van Randfontein af en werk by ’n vervaardigingsonderneming. Hy is gelukkig getroud en het twee jong kinders. Hennie het vantevore met gesondheidsprobleme gesukkel as gevolg van sy gewig. Hennie wil graag weer lekker speel met sy kinders en saam met sy vriende op jag-ekskursies gaan. Hy gaan na sy braaivleis en ontbyt-dagwood toebroodjie verlang.

Noelien Badenhorst 

Ouderdom:           41
Huidige gewig:     106 kg
Doel-gewig:          75 kg

Noelien bly tans in Meyerton en is tans ’n voorsieningskanaal-bestuurder. Noelien het ʼn selfbeeld- probleem en haar gewig het al amper haar verhouding met haar man gekos. In 2016 het sy IVF-behandeling ondergaan, wat onsuksesvol was. Die hele proses was so klinies en onnatuurlik dat dit haar permanent geskaad het. Noelien wil graag lekker kan speel met haar sewe troeteldiere. Sy gaan hard probeer om haar gunsteling sjokolade-croissant te weerstaan.

Elana Afrika Bredenkamp (Aanbieder)

Elana is een van die mees bekende en geliefde persoonlikhede in Suid-Afrika. Sy is ‘n radio-en TV-aanbieder wat al talle programme op kykNET, M-Net, GO, SABC Africa en SuperSport aangebied het. Tans is sy ook die aanbieder van ’n oggend-program op Jacaranda FM en was voorheen ook by 5FM en 94.5FM betrokke. Elana het uitvoerende kunste studeer met drama en teater as haar hoofvakke. Elana sal ook in die tweede seisoen van Fynskrif op kykNET te sien wees. Elana en haar man, Ian, is die trotse ouers van twee pragtige dogtertjies.

KLIEK HIER OM UIT TE VIND HOE JY MET AFSKAAL GROOT KAN WEN.

Afskaal saai vanaf 9 Oktober 2019 om 17:30 op kykNET uit. Neem deel aan die gesprek deur die hutsmerk #Afskaal op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik. 

www.foreversa.co.za