Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Wie is Theresa Erlank? – Vet Kans

Nuus
29 November 2018
Lees meer.
Vet Kans _P

Theresa kan beskryf word as’‘n hardwerkende, passivolle vrou met ’n groot liefde vir kultuur en haar gesin. Sy is die trotse mamma van drie pragtige kinders en is dol oor sing.

Theresa was altyd die toonbeeld van ’n gemiddelde persoon, sy was nooit maer nie maar ook nie oormatig vet nie. Dit is hoe Theresa se storie begin, maar hoe die storie eindig is heeltemal iets anders. Op 25 het Theresa vir vyf en ’n half jaar op die skepe gaan werk het en vreeslik lekker gekuier het. Dié leefstyl het ongelukkig veroorsaak dat sy met dertig ekstra kilogram teruggekeer het huis toe.

Theresa verduidelik ook dat koekies, kaas en wyn haar swakpunt was en sy is trots op die feit dat sy nou kan nee se vir hierdie versoekings.

Dr. Chris Giezing verduidelik dat Theresa se gewigsverlies aanvanklik stadig was, maar dat sy goed momentum opgebou het. Haar lewensafrigter, Jeanne van Zyl, help haar ook met praktiese riglyne om meer gesonde keuses te maak in haar besige lewe.

Theresa is nog altyd lief vir stap en sy beoog om maandeliks deel te neem aan pretdraf kompetisies, saam met haar gesin.

Volg Theresa se reis na gewigsverlies deur elke Donderdag om 18:00 in te skakel vir Vet Kans, DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier