Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

(Ont)lont – Op my eish!

Nuus
16 Mei 2021
Daar was groot drama tydens #OpMyEish gewees in vandeesweek se episode!
Untitled design (2)

Hoe kan jy ‘n plofbare situasie suksesvol ontlont? Ongelukkig is daar nie ‘n regte antwoord nie, maar daar is maniere om die situasie te draai dat ‘n sinvolle gesprek daaruit kan vloei.

Soms is daar net situasies wat die slegste uit ‘n persoon uitbring en wat maak dat jy soms jou ‘cool’ verloor. Hoe beredder jy so ‘n situasie? Daar is meer maniere as om net tot by 10 te tel:

  • Kry klarigheid oor wat werklik die probleem is.

Kom ons wees eerlik – stories kry altyd ‘n stertjie, maar voor jy iemand konfronteer, maak eers seker dat jy weet wat gesê of gedoen was.

  • Praat oor die oplossing

Ja, jy is ontsteld. En jy mag ook wees, maar vra die tweede party wat julle omtrent die situasie gaan doen om die vrede te kan bewaar.

  • Ek sien dit is belangrik vir jou, maar dit is hoe ek voel

Somtyds is dit moeilik om in te sien dat ‘n saak altyd twee kante het. Gee mekaar kans om julle gevoelens te verduidelik en probeer die ander persoon se standpunt insien. Insig lei na deernis en beter kommunikasie.

  • Moenie iemand trompop loop nie

As jy iemand onverwags konfronteer, mag dit dalk net die situasie vererger. Vra vir die persoon wanneer dit hulle sal pas om rustig die saak te bespreek.

Probeer altyd ‘n situasie met empatie benader. Onthou: ‘hurt people hurt people’ en soms is die konflik werklik ‘n geleentheid om nader aan mekaar te beweeg.

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 in om te sien of Neels se soektog na liefde suksesvol gaan wees. Gesels ook saam deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.