Logo

Ons Sprokiesbruilof: Sorina se top-7

Nuus
25 Mei 2017
Aanbieder Sorina Erasmus deel met ons sewe uitstaan-oomblikke van Ons Sprokiesbruilof.
Sprokiesbruilof_Sorina Erasmus

FOTO: Verskaf

Sorina Erasmus, aanbieder van Ons Sprokiesbruilof, het natuurlik ’n sitplek in die voorste ry vir al die opwinding in die program. Ons het haar gevra om terug te kyk op haar ervarings tot dusver, en om haar hoogtepunte met ons te deel.

Was daar enige bruide wat uitsonderlik gespanne was?
Elkeen se senuwees was mooi onder beheer, onder die omstandighede. ’n Bruid is mos maar in elk geval senuweeagtig vir die groot dag wat op hande is.

Vir watter bruid moes julle die langste wag?
Almal was só gretig om te trou, dat nie een van hulle die bruidegom of gaste te lank laat wag het nie. ’n Pluimpie vir al die dames!

Watter preek het jou die meeste geraak?
Dis ongelooflik om te kon hoor hoe élke preek by élke paartjie gepas het. By elke prediker kon mens iets saam huistoe neem in jou hart.

Was daar n troue waar jy nuwe goed geleer het oor n ander kultuur en hulle tradisies?
Die Moslem-troue was ’n nuwe ervaring vir my en interessant om te kon sien hoe Faheem en Seher se trouplegtigheid geskied.

Waar het jy die lekkerste gedans?
By Clifford en Rochelle se troue, saam met die pastoor. Ons het omtrent makietie op die dakstoep.

By watter bruilof het jy die lekkerste geëet?
Ons Afrikaners ken van lekker eet, en by elke troue het ek my knuppeldik geëet aan koningskos.

Was daar ’n keer toe ’n bruilofgas – soos iemand wat ’n toespraak maak, of dalk iemand op die dansbaan – nogal die kollig gesteel het?
Ja, daar was, maar soos hulle in Engels sê: “What happens at the wedding, stays at the wedding...”

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).