Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: Robbie sê nee vir kinders by sy troue

Nuus
08 Junie 2017
Robbie Kruse verduidelik hoekom dit doodnormaal is om nie kinders by jou bruilof toe te laat nie.
Robbie Kruse

Foto’s: PICTURE ME&U

Glansryke geleenthede het ’n gemaklike tuiste op kykNET. Of dit nou op Ons Sprokiesbruilof is, of Bravo!. Radio-omroeper en kykNET-aanbieder Robbie Kruse was nie skaam om nie die kinders van trougaste na sy bruilof toe te nooi nie. As jy ook so ’n skuif wil maak, maar nie seker is hoe om dit te bewoord nie, is Robbie daar om te help.

Robbie, hoe verduidelik ’n mens aan die ouers dat hulle kinders nie genooi is nie?
Sonder om op iemand se tone te trap; al wat jy moet sê is, ‘die kos gaan duur wees’. Toe ons kinders was, het ons nooit na troues toe gegaan nie. Ons het na begrafnisse toe gegaan.

En buiten vir die onkoste?
Hulle is ook te klein om sulke goeters te onthou en kinders gaan slaap vroeg. Die party begin eers [teen slapenstyd]. As ’n kind hier by twaalf jaar oud is, en hy of sy weet nou al hoe om hulself te gedra, is dit heeltemal anders.

Wat as ouers iemand saambring om te verseker die kinders gedra hulself?
Of julle tien ander mense saambring om na jou kind te kyk, is dit fine. Hulle moet net nie in die saal inkom nie. Hulle moenie by die seremonie wees nie. Hulle moenie by die onthaal wees nie, want ons is nie pelle met hulle babysitter nie.

Kom ons veronderstel jy wil van ’n ringknapie of blommemeisies gebruik maak?
Ek het nog nooit ’n ring bearer sien loop, op sy eie, van agter tot voor nie. Dit is soos om ’n dier te kry. ’n Mens mors nie rond met kinders en diere nie, want hulle gaan jou gewoonlik in die steek laat.

Het julle teëspoed van gaste af gekry, wie kinders wou saambring?
Meestal by die huis, om die etenstafel, het hulle [goed gesê soos] ‘dit is nou hierdie tipiese jong couples wat nie gaan kinders toelaat nie’.

Hoe lank voor die bruilof het jou trougaste geweet hulle moet alternatiewe toesig vir hulle kinders reël?
Óf op die save the date, óf op die uitnodiging. So miskien is vier maande nie genoeg kennisgewing nie, maar as jy my vra is drie weke genoeg kennisgewing, want jy gaan tien teen een eers drie weke voor die troue ’n babysitter kry.

So, bruilofte moet liewer aan volwassenes oorgelaat word?
Daar is oomblikke vir kinders en daar is oomblikke vir ouers. Ek gaan ook nie na ’n kinderpartytjie en gaan spring op ’n springkasteel en ruïneer hulle dag nie.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).