Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: “Ons huwelik kan net versterk”

Nuus
13 Junie 2017
Izak Davel vertel hoe hy sy huwelik gesond hou.
Izak Davel

Foto: Verskaf

Elke episode van Ons Sprokiesbruilof kan net sowel eindig met die woorde “en hulle het almal lank en gelukkig saamgelewe”. Izak Davel, bekend vir Sterlopers en Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, gesels met ons oor die happily ever after-gedeelte van ’n sprokie.

Is daar iets wat julle daagliks doen, om gelukkig saam te wees?
My verantwoordelikheid is om haar 05:30 wakker te maak met koffie, anders staan sy nie op nie. Dan sit ons vir minstens ’n uur op die stoep en gesels. Dán eers begin ons regmaak vir werk. In die aande kekkel ons vir ten minste twee ure voor ons onthou om die TV aan te sit.

Dit klink of julle baie kommunikeer.
Ons moet kommunikeer en opinies vra. Omdat Mericke meer gestruktureerd is, tot ’n mate, en ek die kunstenaar is, feed ons baie van mekaar se opinies af. Ek het al goed gedoen sonder om haar te sê, waaroor sy nie happy was nie, maar as ek haar die agtergrond gee van wat my besluit was, dan voel sy beter.

Hoe vier julle jul huweliksherdenking?
Maak ’n lekker aand daarvan – nie noodwendig fancy nie. Ons probeer maar net bymekaar wees in ons safe space. Nie noodwendig in ’n restaurant of ’n hotel nie: as ek haar nóú wil vry, wil ek haar nóú vry.

Julle het kinders, né?
Ja, drie kinders. Die twee van Skotse afkoms is agt jaar en twee jaar oud en slaap saam met ons in die bed. Hulle is dik van die hare. Ons nuutste kind – van twaalf weke oud – is amper so groot soos ’n perd.

Julle is al deur ’n paar moeilike tye (jy en Mericke, nie jy en jou... kinders nie). Wat hou jou nog steeds so lief vir jou vrou?
In die bedryf waarin ek leef, vertel ons stories, maar dit is nie altyd real nie. Al waar ons [akteurs] regtig onsself kan wees, is by die huis. Al wat regtig real is, is my vrou en familie en honde.

Waar sien jy julle oor tien (of meer) jaar?
Nie veel anders as nou nie. Steeds saam. Met baie hondekinders. Meer verryk. Daar gaan nie ’n verskil wees aan ons verhouding nie.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).