Logo

Ons Sprokiesbruilof: ’n Rok vir ’n feëverhaal

Nuus
15 Junie 2017
Ons vind uit wat Hesté se droomrok uniek maak.
Ons Sprokiesbruilof 11

Dié week het ons die sprokiesbruilof van BC van der Merwe, ’n jong hoenderboer, en Hesté Prinsloo, ’n onderwyseres, bygewoon – hier is hul liefdesverhaal.

Dit was ’n groot oomblik toe Hesté haar droomrok vir die laaste keer moes aanpas. José de Canha, eienaar van José de Canha Couture en ontwerper van Hesté se droomrok, sê dat hy en Hesté al ’n lang pad saamstap. “Ek het haar suster se matriekafskeidrok gemaak, en toe later háár matriekafskeidrok gemaak.”

Volgens hom beplan hulle Hesté se trourok vir sowat drie jaar al. “Dis vir haar ’n groot en baie belangrike dag.”

José sê dat hy 'n rok vir ’n elegante feëprinses wou ontwerp, wat stylvol en tog “sexy” is. “Ons het met kristalle gegaan, en Guipure lace en Chantilly lace saamgemeng vir ’n spierwit rok.” Hy sê dat hy ’n gevoel wou skep van ’n feëprinses wat deur ’n bos gehardloop het. Daarom het hulle die materiaal “geskeer dat dit so sagte gevoel het, maar nog so feëtjie-gevoel het.”

Hesté wou gemaklike skoene hê om saam met die rok te dra – ons het saam met die bruid gegaan om die perfekte paar uit te kies.

José wou ook hê dat dié rok uniek tot Hesté se persoonlikheid moes wees, maar sê dat ’n bruid op haar troudag eerder elegant moet lyk, en nie “anders” nie. Hy sê: “Moenie skielik jou blonde hare swart kleur [om uniek te lyk] nie.”

Kyk hier hoe verloop BC en Hesté se huweliksbevestiging.

Wat dié rok egter uniek maak is dat ’n gedeelte daarvan met min moeite verwyder kan word, vir Hesté om meer gemaklik te wees na afloop van al die verrigtinge.

Kyk die video hier onder:

Voor hul bruilof, was BC in die moeilikheid. Ons het gaan uitvind hoekom, en word toe verras met ’n bekende gesig – kyk dié video!

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).