Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: ’n Ode aan ma

Nuus
29 Junie 2017
Ons blik terug op die hartroerende toespraak wat Maritzka se ma gelewer het.
Ons Sprokiesbruilof_skoonma

In die finale episode van Ons Sprokiesbruilof het ons gesien hoe die lewe ’n kronkelpad kan inslaan wanneer dit kom by liefde.

Andy se ma is onverwags oorlede in 2001, en dit was ’n baie moeilike tydperk in sy lewe. Daarom moes hy wegtrek, en het hy en Maritzka kontak verloor – hier is hul liefdesverhaal.

Ons het egter gesien hoe Karen Snyders, die bruid se ma, ’n belangrike rol in beide die bruid en bruidegom se lewens speel. Tydens die laaste aanpas van die trourok het sy met haar hart op haar mou geloop, en ’n pragtige en emosionele boodskap vir haar dogter gehad – herleef die oomblik hier.

KYK: ’n Henpartytjie om te onthou.

Gedurende die huweliksbevestiging het beide Andy en Maritzka ook baie emosioneel geraak. Maritzka, omdat haar pa nie hul bruilof kon bywoon nie, en Andy, omdat hy graag sy ma graag by sy bruilof wou hê. Maritzka sê: “Ek dink dis die feit dat jy graag [wil] hê dat daardie persone [moet] sien watter besluite jy in jou lewe geneem het.”

KYK: Die plaasmakietie skop af.

Dit was ’n besonderse oomblik toe Maritzka se ma ’n toespraak lewer tydens die onthaal, en vir Andy verwelkom as haar nuwe seun.

Ons het Karen se toespraak vasgevang:

“Ek is so trots op julle. Julle het stunning gelyk. Ek’s lief vir jou, [Martizska] en ek’s lief vir jou, Andy – welkom in ons familie. Welkom. Jy’s my nuwe seun.

“Ek hoop julle het ’n amazing lewe voorentoe. Julle moet kyk na mekaar, want die lewe is baie kort. Mens dink altyd jy het baie tyd en baie jare saam met mense, maar jy het nie altyd nie. So jy moet elke oomlik treasure wat jy het.

“En ek wil hier staan oor dertig jaar en sien dat dit die beste keuse is wat elkeen van julle gemaak het, en weet dat julle vir mekaar lewe en vir die Here.

“En wanneer daar struwelinge kom, julle weet mos ek het breë skouers. Kom huil maar bietjie en praat maar.

“Híér [by jul bruilof] is almal mense wat vir julle omgee en lief is vir julle. Híér is almal van ons wat julle ondersteun. Ons sien vandag wat julle doen, en ons weet dis ’n groot commitment van beide van julle af.

“En onthou, Martizka. Ek het altyd vir jou gesê, as jy groot is, bou jy jou eie huis. So julle kies julle eie huis. Julle [kies] julle eie liefde.

“Onthou net altyd. Jy kies jou lewe. Jy kies jy wil gelukkig wees. Jy kies jy wil dinge doen wat mooi is. Maar as julle sáám dit 100% in ’n verhouding gee, dan belowe ek vandag vir julle sal dit uitwerk.

Kyk die video hier onder:

 

Die laaste episode van Ons Sprokiesbruilof is op Donderdag, 29 Julie 2017 om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Skakel in vir die herhalings Vrydag, 30 Junie om 13:30, Sondag, 2 Julie om 21:30, Maandag, 3 Julie om 10:30, Woensdag, 5 Julie om 11:00 en Donderdag, 6 Julie om 9:30. Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).