Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Ons Sprokiesbruilof: Komkommerkoel bruid

Nuus
22 Junie 2017
Dit klink nie asof Desiré Gardner enigsins gespanne was op haar troudag nie.
Sprokiesbruilof_Desire Gardner 2

Sommige bruide het dit nou maar net – ’n ongeërgdheid wat jou laat wonder of hulle bewus is dat dit die dag van hulle bruilof is. Die onlangse Ons Sprokiesbruilof-bruid, Hanlie, is ’n goeie voorbeeld hiervan. Nóg so ’n ontspanne bruid wat ’n mens sal byval, is Suidooster se Desiré Gardner.

Desiré, hoekom het die senuwees jou nie opgeëet nie?
Ek wou regtig net gehad het almal moet ’n lekker tyd hê en dit net enjoy. Dit gaan oor ’n belofte wat gemaak word tussen twee mense. Die ekstra goeters was nie vir my so belangrik nie.

Maar jou bruilof was steeds ’n groot sukses?
Gelukkig het ek mense soos my ma en my sussie, so hulle het basically oorgevat. Ek het vir hulle gesê daar is party goedjies wat ek wil hê, soos byvoorbeeld, ek wou lasagne hê, want dit is altyd so lekker by ’n troue... of op ’n vliegtuig. En ek wou butternut soup gehad het.

Omdat ons aan die einde van Julie getrou het, wou ek nie blomme gehad het nie, maar wit vere. Ek het dit in ’n boek gesien en dit het so cosy gelyk.

Het die vere ’n tema geraak?
Die koek het ook gelyk soos een groot veer. Dit was my ma se idee en ek het net gesê, ‘ja, cool. Whatever. Solank dit net lekker proe’.

Verder, het jy dit eenvoudig gehou?
My rok was baie simplisties. Dit was ’n legit trourok, maar net: stywe rok. Wit. Daar gaat jy. My hare was los. Dit is iets wat nie baie bruide op daardie stadium [2010] gedoen het nie. Baie bruide het up styles gehad.

Enigiets anders waarop jy aangedring het?
Ek het my ma-hulle die dood voor die oë gesweer as hulle vir my ’n bruidstee gee. Ek het vir my ma gesê ek soek ’n legit bachelorette [partytjie]. Nou nie strippers nie. My familie, girlfriends, ma en sussies, [het] almal saam uitgegaan, regardless van ons ouderdomme.

Was daar werklik niks wat jou op die dag ondergekry het nie?
Hulle het ons kar met sellofaan toege-wrap. Dit was erg. Ek hou nie van sulke goed nie, want ek is hectic oor my stuff. Toe ek uitkom en my kar lyk so, was ek nie baie happy nie. Dit was belaglik.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).