Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Ons Sprokiesbruilof: Glansmeisie Tracey

Nuus
22 Junie 2017
Tracey Lange deel haar ondervindings van betowerende bruilofte.
OSB Tracey

Die laaste episode van Ons Sprokiesbruilof is ongelukkig om die draai. As jy egter nog die troukoors wil laat hoog loop, lees hier oor die glanstroues wat die innemende Bravo!-aanbieder Tracey Lange al bygewoon het.

Watter deel van die land is vir jou die mooiste om ’n bruilof in by te woon?

“Daar is net soveel opsies in die Kaap. Jy kan kies tussen net ’n berg of wonderlike see-agtergrond. Byvoorbeeld, ons was onlangs by Neels van Jaarsveld se troue, in Witsand. Dit was die mooiste klipkerkie waar hulle dit gehou het en die hele area met alles daar is net absoluut pragtig.”

Watter tipe trourokke is vir jou die mooiste?

“Die rok moet by jou persoonlikheid pas, dit is die belangrikste. Ons plaaslike ontwerpers maak die mooiste rokke. Ek was al by troues waar mense uit hulle pad uit gaan om ’n oorsese designer te kry en dan is daar niks spectacular aan die rok nie.”

Watter tipe trougeskenke sien ’n mens by hierdie glanstroues?

“Ek het nog nooit gevra nie. Daar was nou al vier troues waar die mense vra dat jy ’n skenking maak aan ’n liefdadigheid van hulle keuse.”

Watter bekende gesig sal jy nog graag by ’n bruilof wil sien opdaag?

“Trevor Noah sal cool wees, maar ek is mal oor Dwayne Johnson (The Rock).”

Mag ’n bruilofgas mooier as die bruid lyk?

“Ek dink dit is moeilik om mooier as die bruid te lyk. Deesdae is daar ook baie mense wat sê dit is eintlik okay om wit aan te trek na ’n troue toe, want jy kan nie die bruid outshine nie. Dit is absoluut onmoontlik. Tensy jy nou daar aankom en lyk soos Lady Gaga.”

Wie sal glanspaartjies sukkel om te kry om hulle bruilof by die woon?

“Ek sou sê Charlize Theron.”

Het jy al ooit ’n foto gesteel as die glanspaartjie versoek het dat gaste geen foto’s by hul troue mag neem nie?

“Nee, ek is ’n verskriklike, pynlike pedanties persoon. Ek hou van reëls. Ek gaan nie die rede wees dat mense ongelukkig is op hul troudag nie.”

Ons Sprokiesbruilof se finale episode word Donderdag 29 Junie om 20:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai. Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).