Logo
Fynskrif
web uni tv guide

Fynskrif

144Drama16 L

Ons gaan julle mis – Fynskrif 3

Nuus
07 Julie 2020
Daar is geen twyfel daaraan dat die karakters in Fynskrif diep in ons harte ingekruip het tydens hulle drie seisoene op die kassie en in ons huise nie. Lees hier wat die akteurs te sê het oor hulle karakters.
7

Elana Afrika-Bredenkamp (Gertrude Üngerer)

‘Ek het ELKE OOMBLIK GENIET.  Die skrywers, vervaardigers, en ons regisseur is puik.  Ek mis Gertrude.  Haar ingetoë kennisvolle benadering, met haar stywe kennetjie. Ek mis ook al die akteurs. Dit was awesome om deel van so ‘n span te kon wees.’ 

Christia Visser (Adele Marais)

‘Om deel te raak van die Fynskrif span in seisoen 2 en 3 was vir my ʼn absolute fees. Net om saam met soveel talentvolle akteurs te werk op so ʼn eerlike storie, was ʼn eer. Ek mis die grappigheid op stel en almal se vriendelike gesigte en geselsies oor ons eerste koppie koffie vroeg in die oggend voor die besige dag afskop. Een van my gunsteling oomblikke was toe Nina Swart my in die middel van ʼn toneel met ʼn rekkie probeer skiet het, sy het gemis en eerder een van die ekstras raak geskiet, die arme man het net sy pose gehou en aanhou speel, na die tyd het ons almal natuurlik geskaterlag.’ 

Lea Vivier (Lilani du Toit)

‘Ek gaan vir Lilani as karakter ongelooflik baie mis! Ek het so baie pret met haar gehad en die karakter het altyd my dag opgekikker!

En dan die hele spul wat Fynskrif gemaak het - the crew, the cast, and the entire creative team!

Dit was 'n absolute fees om deel te wees van die Fynskrif span omdat elke persoon betrokke uiters professioneel en toegewyd was (is). Ek het letterlik elke liewe aspek van die projek geniet: die teks, die span, die akteurs, die storielyn, die karakters... Dis bittermin wat ek, as akteur, elke aspek van 'n projek gaan mis... Maar met Fynskrif is dit wel die geval.

Ek wil nie graag vir Donker Lilani groet nie... So hopelik sien ek haar weer in die toekoms! Mens kan maar net droom!’

Luan Jacobs (Luke van Wyk)

Fynskrif se mense was eers kollegas, toe word ons vriende, toe familie en vandag kyk ek terug na hierdie wonderlike reeks as een van die hoogtepunte van my loopbaan!  Die absolute toewyding van almal aanboord. Van die ekstras tot die kostuum-departement. Klank wie altyd haarfyn na alles geluister het, kamera wat elke kant ons beste kant gemaak het, Louis en Albert wie golwe maak en rolmodelle geword het, Nina wat op Hadidas gil en vele meer. Dankie vir 'n ervaring wat eendag my kleinkinders gaan verveel wanneer ek as oupa nostalgies terugkyk na Fynskrif.’ 

Marguerite van Eeden (Alex Kruger)

‘Na drie seisoene het Fynskrif, ongelukkig, tot ‘n einde gekom. Wat ek die meeste gaan mis is die mense wat saamgewerk het, om Fynskrif ‘n realiteit te maak. Na jy soveel tyd saam met mekaar spandeer raak mens familie met jou mede-akteurs en ‘crew’. Om te lag en grappies te vertel het deel uitgemaak van ons dae en gaan baie gemis word. Die Krugers (Tinarie en Jacques sal vir altyd twee van die mees talentvolle en liefdevolle akteurs bly in my hart.) Wat ‘n voorreg was dit nie om te vorm van so ‘n kunswerk van Louis en Albert geskep het nie!’

Mia van der Merwe (Bella van Wyk)

Fynskrif was vir my so ‘n ongelooflike ervaring omdat ek op so ‘n jong ouderdom met akteurs kon werk wat vir my so baie geleer het. My Fynskrif-familie het vir my soos regte familie geword en ek is so dankbaar vir die wonderlike herinneringe wat ek vir altyd saam met my sal dra. My gunsteling herinneringe is definitief die eerste ‘table read’ vir seisoen 1 waar ek vir die eerste keer almal ontmoet het en die angs en opwinding wat ek gevoel het en die ‘road trip’ wat ons vir die finale episode van seisoen 3 geskiet het. Ek gaan my Fynskrif-familie vreeslik mis!’ 

Nicole Holm (Inge)

‘Ek mis alreeds Inge se rooi lipstiffie! Ek is, helaas, nie so "gutsy" soos sy nie.’

Susanne Beyers (René van Wyk)

‘Om die pad wat Fynskrif se René geloop het te speel, was ʼn hoogtepunt in my loopbaan. Dis moeilik om iets uit te sonder, maar die professionaliteit van alle betrokkenes was ongelooflik. Ek mis nou nog 'my' pragtige huis by die dam en al die lieflike mense in die span.’

Cintaine Schutte (Katrien Nienaber)

Fynskrif was een van daai kosbare ervarings wat as een van die hoogtepunte in my loopbaan sal uitstaan, glo ek! Ek het so lief geraak vir Katrien en die Fynskrif-familie. Sy het my geleer om nooit terug te staan vir enige iemand nie, maar ook te weet jou hart is wie jy is en jou kop is waar jy bly, so jy moet mooi na albei kyk. Dankie aan my Fynskrif-familie wat ongelooflik hard gewerk het en soveel respek het vir storie vertelling en my elke dag laat onthou het hoekom ek doen wat ek doen. Dankie aan kykNET en natuurlik die kykers wat ons elke Dinsdag warm verwelkom het in hul huise! KOM ONS GAAN WEN!’

Neels van Jaarsveld (Ben van Wyk)

Fynskrif was ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net gesorg het vir baanverskuiwende televisie en vermaak nie, maar het ook bewys dat Suid-Afrika internasionale standaarde kan handhaaf. Die wysheid, groei en samesyn sal my altyd bybly en dit was ‘n voorreg om deel te kon wees van so ‘n uitsonderlike produksie.’

Hendrik Nieuwoudt (Richard)

‘As ek aan Fynskrif dink sal ek altyd die ongelooflike mense wat dit moontlik gemaak het onthou – van Louis en Albert tot die akteurs en die beste produksiespan! Dit was regtig soos een groot familie waarvan hulle my in seisoen 2 onmiddellik laat deel voel het.’

Ons gaan verseker na dié gewilde dramareeks verlang! Gesels saam deur die hutsmerk #Fynskrif te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.