Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Omstrede erfporsies: Dit gebeur oral – Getroud met rugby

Nuus
28 April 2021
Toe Getroud met rugby se Maryke (Marijke Coetser) uitvind sy het die helfte van die ontkleeklub Crystal Palace geëerf, het dié onverwagse erfporsie vir haar meer probleme as vreugde gebring.
Maryke BB

Die nuus dat Maryke een van Crystal, eienaar van Crystal Palace, se erfgename was, het soos ‘n veldbrand versprei. Dit het haar werk by die salon bedreig en selfs spanning in haar huwelik veroorsaak. Maryke is egter nie die enigste een wat al met ‘n omstrede erfporsie te doen gehad het nie.

  1. Toe die skatryk hoteleienaar Leona Helmsley – haar bynaam was “the queen of mean” - in 2007 oorlede is, het sy ‘n $4 miljard fortuin agtergelaat. Een van die erfgename was haar negejarige Maltese-hondjie, Trouble, wat $12 miljoen geëerf het. Trouble se erfporsie is later tot $2 miljoen gesny, maar hy moes nogtans ‘n lewe van afsondering lei as gevolg van doods- en ontvoeringsdreigemente.
  2. Die legendariese Amerikaanse komediant Jack Benny is in 1974 oorlede en het ‘n stipulasie in sy testament laat sit om seker te maak dat ‘n langsteel rooi roos elke dag ná sy dood by sy vrou afgelewer word.
  3. Anne Hathaway, ook bekend as Mev. William Shakespeare, het nie baie goed van haar bekende skrywer-man se testament afgekom nie: Al wat sy geërf het, was “die tweede beste bed”.
  4. Luis Carlos de Noronha Cabral da Camara, ‘n losbol Portugese aristokraat, is in 2004 op die ouderdom van 42 oorlede. Onder sy besittings was ‘n woonstel met 12 vertrekke in Lissabon, ‘n huis in Guimaraes in die noorde van Portugal, ‘n luukse motor en ongeveer $32 000. Omdat Luis nooit getrou of enige kinders gehad het nie, het hy 70 name uit die telefoonboek gekies en hulle was sy erfgename. “Ek het gedink dit was ‘n grap,” het een gesê. “Ek het nog nooit van die man gehoor nie.”
  5. Robert Louis Stevenson, skrywer van boeke soos Treasure Island en The strange case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde, is in 1894 oorlede. In sy testament het hy vir sy vriendin Annie Ide iets gelos wat sy nooit sal vergeet nie: Sy verjaardag op 13 November. Annie is op Kersdag gebore en by Robert gekla dat dit nog altyd gevoel het haar verjaardag word afgeskeep.
  6. Die rocker Janis Joplis is op 27-jarige ouderdom op 4 Oktober 1970 oorlede ná ‘n oordosis dwelms. Sy het $2 500,00, toe ‘n redelike stewige bedrag, in haar testament gelos sodat daar ‘n partytjie vir 200 gaste by haar gunsteling-hotel in Kalifornië gehou kan word.
  7. Die Amerikaanse magnaat Wellington Burt is in 1919 oorlede, maar sy testament het gestipuleer dat niemand sy fortuin mag erf tot 21 jaar ná die dood van sy laaste oorlewende kleinkind. Van sy werkers het wel geërf, maar sy familie (sy agter-agter-kleinkinders) kon eers in 2011 – 92 jaar ná Burt se dood – toegang tot die erfporsie kry.
  8. Toe Solomon Warner in 1899 oorlede is, het hy ‘n hout kis agtergelaat wat deur die jare van familielid na familielid aangegee is. Maar dit was wat in die kis was, wat die eintlike waardvolle item was: ‘n Paar 44-37 Levi’s jeans wat in 1893 gemaak is. Warner se agter-agter-kleinseun, Jock Taylor, het gehoop om soveel as $100 000,00 op ‘n veiling vir die jeans te kry.
  9. Zsolt en Geza Peladi was haweloos en het in ‘n grot iewers in Hongarye gewoon toe hulle uitvind hulle is die kleinkinders van ‘n skatryk Duitse vrou. Toe sy in 2009 oorlede is, het haar fortuin van $5,5 miljard na haar vervreemde Hongaarse kleinkinders, die Peladi’s, en ‘n suster in Amerika gegaan.
  10. Valmai Roche, ‘n Australiese sosiale vlinder, is in 2009 oorlede en het ‘n erflating van $3,5 miljoen agtergelaat. Sy het alles aan die Katolieke-organisasie Knights of the Southern Cross gelaat. Haar drie dogters en haar eksman het volgens haar testament “dertig stukke silwer van die laagste waarde” geërf. Dit was ongeveer $1,50. Die dogters het egter die testament betwis en het in 2012 beheer daaroor gekry.

In Suid-Afrika was daar al ook omstrede testamente. Vroeër vanjaar is ‘n 119 jaar oue testament ongeldig en ongrondwetlik verklaar en het vyf susters verskeie eiendomme en plase in die Klein Karoo geërf. Karen en Catherine de Jager, hul grootouers aan vaderskant, se testament het ‘n klosule ingehad waarvolgens dogters in die tweede en derde generasie nie mag erf nie. Die susters se pa, Kalvyn de Jager, is in 2015 oorlede en hul ma, Truda, in 2018.

“Ons wens ons ouers kon dit beleef,” het die susters in ‘n verklaring ná die uitspraak gesê. “Ons beskou die uitspraak as ‘n oorwinning vir vroueregte en vertrou dat die uitspraak sal help om soorgelyke onbillike diskriminasie in die toekoms te verhoed.”

Onthou om weeksaande om 18:00 in te skakel vir Getroud met rugby en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #kykNETGMR te gebruik.