Logo

Olimpiese Spele: SA se trots

Nuus
22 Augustus 2016
Die Olimpiese Spele het die afgelope naweek in Rio de Janeiro, Brasilië, tot ’n einde gekom. Baie geluk aan ons medaljewenners!
Athletics - Olympics: Day 9

Wayde van Niekerk. Foto: Cameron Spencer/Getty Images (verskaf deur SuperSport)


Die Olimpiese Spele het die afgelope naweek in Rio de Janeiro, Brasilië, tot ’n einde gekom. Baie geluk aan ons medaljewenners!

34 olimpiese spele caster

34 olimpiese spele chad

34 olimpiese spele roei

34 olimpiese spele manyonga

34 olimpiese spele viljoen

34 olimpiese spele cameron

34 olimpiese spele blitsbokke

34 olimpiese spele schoeman



Wayde van Niekerk het goud in die 400 m vir mans op die Olimpiese Spele verower én ’n nuwe wêreldrekord opgestel. Hy het dié item in 43:03 sekondes kafgedraf.

Caster Semenya het Olimpiese goud in die eindronde van die 800 m vir vroue behaal in ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordtyd van 1:55:28.

Die land se topswemmer Chad le Clos het silwermedaljes in die 200 m-vryslag vir mans en die 100 m-vlinderslag losgeswem.

Die Suid-Afrikaanse roeipaar Lawrence Brittain en Shaun Keeling het silwer in die eindronde van die manspare-afdeling verower.

Die verspringer Luvo Manyonga is ’n silwermedalje ryker na sy sprong van 8,37 m.

Plaaslike spiesgooi-heldin Sunette Viljoen het ’n silwermedalje (64,92 m) in die spiesgooi vir vroue op die Olimpiese Spele verower.

Swemmer Cameron van der Burgh het silwer in die 100 m-borsslag vir mans gewen.

Suid-Afrika se Blitsbokke het brons gewen in die Olimpiese Spele-sewesrugby-toernooi.

Die driekamp-atleet Henri Schoeman het ook met ’n bronsmedalje weggestap.