Logo

Nuwe seisoen van Sandra op ‘n drafstap op kykNET

Nuus
30 Julie 2019
Lees meer.
Sandra-op-n-Drafstap-_Web

Kykers kan vanaf Woensdag 31 Julie 20:00 inskakel vir ‘n nuwe seisoen van Sandra op ‘n drafstap. Dit word uitgesaai in die plek van Bolhuis 2.

In Sandra op ‘n Drafstap voer Sandra Prinsloo intieme onderhoude met merkwaardige mense van Suid-Afrika. Kykers kan uitsien na onderhoude met, onder andere, Annelisa Weiland, wat tans in kykNET se komedie, Lui maar op, Belinda te sien is, Louis van Niekerk, Festus in Getroud met Rugby, Evette Weyers, beeldhouer en vrou van bekende akteur, Marius Weyers, en wêreldbekende swemmer, Ryk Neethling. Sandra het ook vir oulaas Prof. Adam Small, bekende digter en dramaturg, net voor sy afsterwe besoek.