Logo
Wat is waarheid? – Slim
web uni tv guide

Wat Is Waarheid?

144Geskiedenis13 L

Nuwe kyknet-reeks ondersoek samesweringsteorieë – Wat is waarheid

Nuus
09 September 2021
Wat is waarheid word van Donderdag 21 Oktober 2021 om 20:00 op kykNET, kanaal-144 op DStv, uitgesaai.
Wat is die Waarheid

“’n Fout word nie die waarheid omdat meer mense dit propageer nie;
so word die waarheid ook nie  ’n leuen omdat niemand dit raak sien nie."
– Mahatma Gandhi –

Samesweringsteorieë is aan die orde van die dag, en met die hedendaagse verskynsel van fopnuus raak dit moeiliker om te onderskei wat is die waarheid en wat is nie. In die nuwe kykNET-reeks, Wat is waarheid, word ’n aantal samesweringsteorieë onder ’n mikroskoop geplaas om dit uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief te beskou.

In Wat is waarheid gesels talle kenners oor die fenomeen van samesweringsteorieë, terwyl die aanhangers van dié teorieë ook hul menings deel.

Daar word onder meer gekyk na ’n handvol geskiedkundige samesweringsteorieë wat in Suid-Afrika posgevat het soos die legendariese Krugermiljoene, Cecil John Rhodes se geheime organisasie, wat se doel blykbaar wêreldoorheersing was, en bespiegelinge oor gebeure tydens die Anglo Boere-oorlog. 

Verder word organisasies soos die Vrye Messelaars en die Illuminati ondersoek, terwyl mediese knelpunte soos Covid-19 en inentings ook bespreek word.

Volgens Wat is die waarheid se vervaardiger, Rian van Heerden, het die talle debatte oor die Covid-19-pandemie ’n ontploffing van samesweringsteorieë veroorsaak.

“Deesdae is daar meer samesweringsteorieë as ooit in die geskiedenis van die mensdom. En, van die oudstes (soos die Illuminati) steek nou weer hul koppe uit. Dit noodsaak dit dus om deeglik te kyk na wat waarheid is en wat is nie, deur al die feite en opinies op die tafel te sit,” sê Rian

“’n Rede hoekom samesweringsteorieë mense fassineer, is omdat mense dikwels probeer verklaar wat hulle nie behoorlik verstaan nie.

“Dit gee iemand ’n sin van mag as hy of sy die ‘feite’ weet en ander nie.”

Tans beleef samesweringsteorieë ’n bloeitydperk omdat mense makliker as ooit tevore alle tipe inligting kan bekom. Volgens Rian is die probleem egter dat dié ongeëwenaarde toegang tot inligting nie net ’n groter teëlaarde vir samesweringsteorieë skep nie, maar dat almal nou voel dat die gehalte van hul menings gelyk is.

“Hoekom dan ‘n wetenskaplike of kenner vertrou as jy die inligting op die internet kan kry?” vra Rian.

Wat is waarheid word van Donderdag 21 Oktober 2021 om 20:00 op kykNET,  kanaal-144 op DStv, uitgesaai.