Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Nuwe Jaar = Nuwe Vermaak²

Nuus
09 Desember 2020
Januarie is die amptelike begin van 2021 en kykNET skop dit met vele hoogtepunte af. Dis nuwe vermaak²!
Duidelik Dapper 1600x640

Die langverwagte wag vir een van die grootste realiteitsreekse op kykNET, Boer Soek ’n Vrouis amptelik weer terug in Januarie 2021. Tien nuwe boere en die splinternuwe aanbieder, Marciel Hopkins, reis oor die land in ’n opwindende reeks wat wag op kykers.

kykNET dramas stel nooit teleur nie en SLOT en 4 Mure sal vanaf Januarie kykers weer op die rand van hul stoele hou. Rolanda Marais lei die rolverdeling van SLOT as 'n briljante en gerekende psigiater wat ’n dwelm ontwikkel wat onmiddellik pasiënte se onderbewussyn kan binnedring. 

Die legendariese aktrise, Lida Botha, is ook weer terug op die kykNET-skerm in 4 Mure wat beloof om ’n uitsonderlike drama te wees van skrywer, Tertius Kapp, en regisseur, Jaco Bouwer. 

Feestelike Fiësta is terug met nuwe aanbieders en Leandie du Randt is weer aan die stuur van sake op die nuwe seisoen van SlankDie bekoorlike Boland word weer in die tweede seisoen van Anzél in die Boland vasgevang. Boonop is Leah terug op kykNET as die aanbieder van die nuwe leefstyl reeks, Duidelik Dapper

kykNET Storiefilms bied voorwaar ’n verskeidenheid in Januarie met GielieKanselKantlynKlarinet en Nuus om 6.

Fynskrif 2 begin vanaf Januarie op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en Maak My Famous 2 op kykNET&NOU (DStv-kanaal 146). kykNET Lekker bied nostalgie in goeie programme soos Kayak Visvang en op fliekNET wys van die beste rolprente in Afrikaans!