Logo

NRG se paaie skei

Nuus
29 Januarie 2016
NRG het sopas aangekondig dat hulle nie langer as groep sal optree nie.
Screen Shot 2016-01-29 at 11.14.54 AM
NRG ­ – die trio van Christian “Wolf” Botha, Abel “AB Kenobi” Knobel en Stephan “Stephanasties” van Huyssteen – het sopas aangekondig dat hulle nie langer as groep sal optree nie.

Welbekend vir hulle energieke elektro-pop klank, was NRG sedert die groep se eerste vrystelling in 2011 ’n baie gewilde deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap, met treffers soos "Mayday", "Ek kan jou nie keer", "Onvoorwaardelik" en "Roulette" wat musiekranglyste landswyd aan die kook gehad het.

34 screen shot 2016 01 29 at 11.18.33 am


Hulle het by verskeie geleenthede gehore bekoor met lewendige optredes by onder andere Krone, KKNK, Innibos, Afrivisie en die Huisgenoot Tempo-Toekennings, en is ook benoem in ’n hele rits kategorieë by die Tempo- en Ghoema-toekennings.

34 screen shot 2016 01 29 at 11.18.52 am


Die drie manne het egter onlangs besluit om halt te roep omdat hulle glo dis tyd vir ’n nuwe hoofstuk in elkeen se loopbaan: “Ons het elkeen ook sterk talente op ander gebiede as sang – goed wat ons graag vir nou die tyd sal wil neem om verder te bemeester en bevorder,” sê hulle.

34 screen shot 2016 01 29 at 11.18.42 am


“Daarbenewens is elkeen van ons ook solo-kunstenaars in eie reg met baie uiteenlopende style, elk met hul eie mark en potensiaal, wat ons graag verder wil ontwikkel. Dit was ’n fantastiese pad tot hier en daarvoor is ons onbeskryflik dankbaar, maar wat nou voorlê is vir elkeen van ons selfs meer opwindend!”

Hulle moedig ondersteuners aan om hul individuele Facebook-blaaie dop te hou om op hoogte te bly van nuwe verwikkelinge.

Kyk na die musiekvideo vir "Ek kan jou nie keer" hier onder: