Logo
Koortjies 970x90
web uni tv guide

Koortjies Met Jonathan Rubain

145GeselsprogramPG

Nou hier vir ’n uur! – Koortjies met Jonathan Rubain

Nuus
01 Julie 2020
Ná ’n baie suksesvolle eerste seisoen van Koortjies met Jonathan Rubain op kykNET & kie is ons opgewonde om aan te kondig dat die tweede seisoen binnekort begin!
Koortjies Presser

En natuurlik is daar ’n kinkel in die kabel – elke episode sal nou ’n uur lank wees.

In elke episode kom kuier daar steeds bekende gaste om saam te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp. Gaste sluit in van bekendes, tot jou “plaaslike pastoor” en merkwaardige alledaagse mense wat ongelooflike werk doen en rolmodelle in die gemeenskap is.

Koortjies met Jonathan Rubain kyk na hoe jou geloof jou deur moeilike tye kan dra, hoe om ’n beter medemens vir jou buurman en naaste te wees, en natuurlik praat die gaste oor die krag van sang en lofprysing.

In die tweede seisoen gaan die span net groter en gaste sluit in die bekende Gospel-musikant Neville D, Idols-wenner Karin Kortjie, TV-persoonlikheid Rochelle Liedeman en Arendsvlei-akteur Melanie du Bois om net ’n paar te noem.

En nou kry kykers die geleentheid om langer te jubel en juig terwyl Jonathan en sy band jou in die gemak van jou eie huis vermaak.

"Ek is baie opgewonde oor Koortjies wat nou ’n uur gaan wees. Ons is gewoond om kerk te hou vir ure op ’n tyd, maar ’n uur is oorgenoeg om die krag van sang en lofprysing aan die kyker oor te dra. En natuurlik kan kykers meer musiek verwag in seisoen 2,” vertel Jonathan.

Regisseur van die reeks, Ben Heyns, beaam en sê kykers kan uitsien na nog meer van hulle gunsteling-koortjies en musiek. “Dit is ‘n voorreg om ’n program te maak wat kykers so geniet. En die feit dat kykNET die geleentheid gegee het om die show te verleng is wonderbaarlik. Met die langer epsiodes is daar meer tyd vir geetelike oomblikke, maar ook meer tyd vir ons gunsteling-kunstenaars om saam met ons te kom musiek maak in die studio,” sê Heyns.

Koortjies met Jonathan Rubain is elke Sondag om 18:00, op kykNET & kie DStv-kanaal 145 vanaf 5 Julie 2020 vir ’n uur lank te sien.