Logo

Nie hierdie keer nie – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
13 Januarie 2020
Dit is verby tussen Boer Franco en Nicole.
<p>BSV S12 Franco BreakUp Billboard 1600 x 640</p>

In verlede week se episode was dit nogal lekker om te sien hoe sommige boere liefde agter die skerms gevind het. Een van hierdie boere was Boer Franco. Toe Leah vroeër in die seisoen vir Franco groet, het sy hom met hoop in sy hart gelos. Boer Franco het een van die dames gebel wat vir hom ingeskryf het, en hy het gehou van wat hy hoor.

By die reünie-episode het Franco met dié dame opgedaag- Nicole. Die twee het met sterre in hulle oë gepraat oor hulle nuwe liefde, so dit was vir ons ’n hartseer storie toe ons uitvind dat hulle nie meer saam is nie.

Boer Franco het ons verseker dat hulle as vriende geskei het maar die langafstand was moeilik. Dit verbaas ons nie omdat afstand iets is wat meeste van ons boere al oor bekommer was, en om dit te maak werk is nié maklik nie.

So wat lê voor vir dié boer? Franco sê: “Ek kan maar kyk of ek nie geluk bietjie nader kan vind nie. Dit is ook ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings. Ek dink daar kan iets op die horison wees.”

Al is hy – vir nou – enkellopend, sê Boer Franco dat Boer soek ’n vrou vir hom ’n ongelooflike ervaring was wat hy aan enige iemand sal aanbeveel. Hy voel dat al die boere van die twaalfde seisoen rêrig ’n spesiale groep was en dit is hoekom hulle almal nog gereeld gesels.

Kykers was mal oor hierdie boer so ons is seker dat hy binnekort sy gelukkige eindig gaan vind – ons hoop net dat sy nie te ver van Moorreesburg is nie!

Vir meer nuus, volg die hustsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter.