Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Nie een nie, maar twee! – Op my eish!

Nuus
25 April 2022
Schalk het Francois en sy pasmaats heeltemal onkant gevang hierdie week!
Screenshot 2022 04 25 at 10

Elizna het in dié week se episode vir Francois eenkant toe geneem en vir hom gesê dat sy weens persoonlike redes nie verder kan deel wees van die reeks nie. Na hierdie skok was Francois en die ander dames nie seker wat volgende gaan gebeur nie en toe Schalk aankondig dat daar twee nuwe dames gaan deel word van die proses was almal nòg meer verras!

Daar was duidelik ’n kontras van emosies toe Leyla en Nykie ingestap het. Francois was ’n baie gelukkige man terwyl die dames nie baie opgewonde was oor dié besluit nie. Nadat die stof gaan lê het, het die dames egter almal lekker saam gekuier en toe het die gin en geselskap begin vloei.

Nykie is opsoek na ’n man met ’n “lus vir die lewe” en iemand wat die lewe saam met haar ten volle kan aanpak. Sy noem ook dat sy iemand nodig het wat haar op haar plek kan sit wanneer dit nodig is!

Leer ken hier vir Nykie beter.

Leyla het ingestem om deel die wees van Op My Eish! om haarself te ‘challenge’ en moontlik meer van haarself te leer onder uitdagende omstandighede. Leyla is opsoek na iemand met ambisie wat haar sal lief hê vir wie sy is.

Leer ken hier vir Leyla beter.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in en gesels saam deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.