Logo

Net die beste vir die SAFTAs

Nuus
28 Februarie 2019
Ons films staan uit!
SAFTAs_KYKNET_Billboard 1600 x 640

Vanjaar se SAFTA-toekennings is om die draai en ons hou styf duim vas vir al ons benoemdes. Verskeie kykNET-films kompeteer met die top-films in die industrie en ons kan nie wag om te sien wat die uitslag gaan wees nie. Hier is ’n paar redes hoekom dié films vir ons spesiaal is. 

Nommer 37 is ’n unieke rillerstorie wat almal op die punt van hul stoel laat sit het. Dit is juis danksy dié rede dat die film spog met sewe SAFTA-benoemings. 

Kanarie het grense verskuif in die Suid-Afrikaanse filmindustrie.

Die Storie van Ellen Pakkies is gebaseer op ’n ware verhaal. Die oomblik toe Ellen Pakkies en die aktrise, Jill Levenberg, wat haar vertolk het in die film, saam op Kwêla verskyn het, was dit moeilik om die trane terug te hou.

Wonderlus het vir kykers ’n eerlike en rou interpretasie van liefde gegee, uitgebeeld deur ’n paar groot name in die Afrikaanse filmindustrie.

Meerkat Maantuig het ons weer soos ’n kind laat voel en gehore landswyd se verbeelding aangegryp.

Wat is dan nou beter as ’n fliek wat jou laat lag én huil? Ons het hierdie reis saam met die Susters onderneem en het saam met hulle sterker aan die ander kant uitgekom.

Raaiselkind is gebaseer op ’n gelyknamige boek deur Annelie Botes, en het gehore landswyd se hartsnare geroer. 

Stroomop spog met ’n sterk vroulike rolverdeling en was ’n reusesukses by die loket.

Die fantasie-kortfilm, Die Maan Val Bewusteloos, het kykers bygebly lank ná die film verby is.

Vind uit wie vanjaar bekroon word met ’n SAFTAs-toekenning deur die hutsmerk #Saftas13 te gebruik op FacebookTwitter en Instagram. Wenners word die 2de Maart aangekondig.