Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Nesie kry ’n makeover! – Getroud met Rugby

Nuus
10 September 2020
Nesie, oftewel Euvonique, het in gisteraand se episode van Getroud met Rugby ’n splinternuwe makeover gekry – nadat die pompoms daarop aangedring het.
Nesie makeover 2

Die flambojante salon-eienaar, Bibi, het vir Nesie onder hande geneem en haar behoorlik bederf. Melissa Massyn, wat die rol van Nesie vertolk, sê dit was vir Nesie baie lekker om opgedollie te word...

“Die makeover was baie cool. Ek dink soms is dit ’n moeilike gedagte veral vir ’n vrou om te dink dat ’n mens moet verander om deel van ’n groep te wees of om in te pas. En sover in die storie kan ons sien dat Nesie baie beoordeel word deur die pompoms oor haar voorkoms en haar agtergrond, maar tog is die coolste eienskap van Nesie om altyd die goeie in elke situasie te sien, en sy glo vas sy gaan ’n positiewe impak op die pompoms hê, asook op hulle uitkyk oor hoe ’n vrou veronderstel is om te wees en te lyk. Maar, ek dink vir Nesie was die Makeup Makeover ’n vorm van bonding tussen haar en die pompoms. Sy kom van ’n plek af waar sy nie noodwendig hoef mooi te gelyk het om sukses te behaal nie. ’n Goeie persoonlikheid en mooi gees het definitief meer getel as voorkoms. Maar tog vind ek (Melissa) iets mooi daarin dat die girly girls vir Nesie ’n makeover gee en vir haar wys dat dit nie noodwendig ’n superficial ding is om mooi agter jouself te kyk nie. Die makeover was baie lekker. Ek bedoel, wie geniet dit nie om opgedollie te word nie?

Skakel weeksaande in om 18:00 vir Getroud met Rugby en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #kykNETGMR te gebruik.