Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Neem só deel aan Glam Guru

Nuus
20 Augustus 2019
Hannon Bothma en sy Glam Guru-span is op soek na kykers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET.
Glam Guru

Glam Guru is ’n TV-leefstylprogram wat mooimaak sonder dokters en messe, en wat gewone mense die kans gee om ’n fantastiese nuwe voorkoms te kry. Hannon is bekend as ’n man van skoonheid en styl, en is al ’n super-stillis en die “man van wonderwerke” genoem. Nou kry jy die kans om dalk een van die gelukkiges te wees! Jy kan self inskryf of iemand benoem.

Wat jy moet doen:

  1. Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam, van, adres en telefoonnommer.
  2. Heg ’n vollengte-foto sowel as ’n gesigfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as ’n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal.
  3. Gebruik jou naam en ‘Glam Guru-inskrywing’ in die onderwerpsveld.
  4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud met Hannon in Johannesburg.
  5. Die eerste onderhoude het reeds begin, so skryf so spoedig as moontlik in!

Die fynskrif:

  • Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.
  • Inskrywings is alreeds oop en jy het kans om in te skryf tot 29 Augustus 2019.