Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Neem hierdie Kersfees ’n hondjie aan – Getroud met Rugby

Nuus
04 Desember 2020
Moenie hierdie Kersfees vir jou vriendskap koop nie, neem dit aan!
Untitled design

Getroud met Rugby se Stryderspan het onlangs by die hondeskuiling CLAW (Community Led Animal Welfare) in Johannesburg gaan kuier om bewustheid oor weggooihonde uit te brei. Emma O’Brien, die fotograaf wat vir die foto’s in die album verantwoordelik is, stap al 10 jaar ’n pad saam met CLAW nadat sy in Maart 2011 haar eerste hondjie, Dora, deur hulle aangeneem het. Haar liefde vir weggooihonde voor én agter die kamera is merkbaar. Al die hondjies in die album en video is op soek na ’n permanente huis waar hulle goed versorg kan word en ’n gelukkige hondelewe kan lei. Die hutsmerk #AdoptDontShop is nie verniet een van die bekendste hutsmerke daarbuite nie, en dit is Getroud met Rugby se Kersfeesdroom dat dié (en alle ander weggooihonde) aangeneem word. 

Gallery

As jy meer wil weet oor CLAW en wat die vereistes is om ’n hondjie aan te neem, of om ’n skenking te maak, besoek hulle Facebookblad by CLAW CLAW (Community Led Animal Welfare) of skakel 082 926 3627.

Fotograaf: Emma O’Brien |  @emmaobrienphoto
Video in samewerking met BOSS Dog Food | @bossdogfood
Getroud met Rugby akteurs: Werner Coetser, Sean van Noordwyk, Adrian Steyn, Adriaan Marais, David Johnso